Thursday, August 31, 2006

31 Augustus 2006

Nog 'n maand verby....nog net 85 dae, dis 12 weke!!
Ek moet sê ek begin nou so liggies paniekbevange raak oor al die reelings wat nog nie gebeur het nie. Ek het nog nie enige blomme gereël nie, nog geen rokke nie - nie vir my of my bridesmaids nie -, ek weet nie lekker wat ek op die tafels gaan doen nie, die menu, die gastelys.........Aaug!! Ek sal nooit weer met dieselfde oë na 'n bruid kyk nie, van nou af sal sy my volle respek en verwondering hê! Want as jy besig is om reg te maak om te trou sal jy weet wat ek bedoel!!As jy dink daaraan om binnekort te trou - dis baie exiting maar tog ook exhausting! Ek neem aan as mens geld het dan huur jy vir jou 'n ko-ordineerder - dit maak baie sin. As jy soos ons nie kan nie, mmm, wel ja, dan moet jy net genoeg koue wyn byderhand hou om jou skoenlappers stil te hou.
Ek het 'n noodvergadering geroep en ons het albei volgende week verlof ingesit om net bietjie van die dinge te finaliseer. Sien Wilhelm gaan nog oor 2 weke vir 'n maand oorsee. As hy terug is moet ons die uitnodigings begin uitstuur (terloops hulle bestaan ook nog nie....)
Skielik is die laaang tyd voor die troue nie meer so lank nie en ek hoop ek het genoeg tyd vir als. Jammer ek sit by die werk, die skoenlappers in my maag wil al weer 'n slukkie wyn hê....
Anycase, ek hou julle op hoogte van my 'mental state' en die vordering van die reelings.
As jy in die kaap woon - Tygervallei se Bridal show is van vandag af aan. Check dit uit as jy soos ek nog baaaie idees en hulp nodig het.
Tot volgende keer -
Benoude (bruids)boude