Wednesday, June 14, 2006

14 Junie 2006

Ek het gisteraand 'n brainwave geslaan en dink ek het 'n goeie idee vir 'n troukaartjie, wel, eintlik moet ek www.weddingcards.co.za die krediet gee, maar ek gaan dit darem slightly modify. Ek gaan nie noual die design weggee nie, maar kyk gerus daar. Hulle het bewoording vir kaartjies ook daar. Ek moet sê niks wat my regtig weggeslaan het nie, so as iemand dalk weet van 'n plek waar ek nice afrikaanse bewoording vir die uitnodigings kan kry, laat weet asb!
Ons gaan Vrydag (Jeugdag) afsuiker Riebeek toe om te gaan kyk na die venue. Ek het vanoggend met Magdel gepraat en hulle het Vrydagaand 'n troue daar aan so dit pas perfek. Dan kan ons sommer na die saal gaan kyk as dit opgemaak is en met die regte mense chat- caterers ens.
Burger, Karen en Jacomien kom ook saam, hulle gaan sommer hulle verblyf loop soek vir die troue en dit nou al boek. Exiting, ek sien so uit!

Tuesday, June 06, 2006

Papier Pandemonia

Ons was die naweek in Paper Paradise in Tygervallei sentrum om te gaan papier soek vir ons uitnodigings. Ons het die mooiste papier gekry wat perfek in ons kleur skema gaan pas!
Die verskillende opsies daar is legio, defenitief aanbeveelbaar!
Selfs die waks vir die kaartjies seël kom in allerhande verskillende kleure (Baie handig!)
Nou moet ons net nog kopkrap oor hoe die kaartjies gaan lyk. Ons het net eers 'n klomp verskillende papiere gekoop waarmee ons kan speel. Die mense daar is baie behulpsaam en het regtig baie handige en nodige raad gegee!
Hulle sny selfs vir jou die 'template' vir klein boksies uit jou keuse papier- vir tafelgeskenkies, baie cool en dit is iets soos 'n ekstra rand by jou papier geld.
As jy nie self jou kaartjies wil print nie, doen hulle dit ook vir jou.
Ons vorder.....

Thursday, June 01, 2006

Gastelys

Ek het 'n baie volledige lys van ons 'voorlopige' gaste aan Wilhelm gegee om te scan. Na ons nog 3 couples bygesit het wat ek vergeet het - (nee ek los maar die name hier weg!) het ons met 'n skok agtergekom dat ons staan op 121 mense ! Ons wil nader aan 85 mense eindig!!! Dit is so 'n tricky storie want daar is die 'groepe' wat mens mos moet nooi. As jy een uitlos kan jy nie die ander nooi nie. Ons troue is gelukkig net die close familie wat ek en Wilhelm daar wil hê, en nie honderde ooms en tannies wat ons skaars ken nie - bonus! Verder net pelle en kollegas.
Ek het 'n paar lekker 'templates' afgelaai van Outlook af wat mens kan gebruik in excell vir jou gastelys, budget ens. Hier is hy : http://office.microsoft.com/en-us/templates/default.aspx?Application=XL&Ver=11
Daar is sommer enige templates waaraan jy kan dink, nie net vir troues nie. Baie Handy!