Monday, May 22, 2006

Nog 'n troue...

Ons was die naweek toe by Jocelyn en Nicholas se troue soos ek hieronder êrens genoem het. Dit was 'n baie stunning venue, op sy plaas in die Banhoek vallei, teen die berge. Nou hierdie tyd van die jaar in die Kaap sal die wat hier woon weet, dis koud en nat! So ons het toe ons daar kom, alreeds 10 minute laat, deur die modder gepiekel tot by ons stoele - in die ope lug - heel agter. Ons het skaars gesit toe kom die bruid oor die gras aangestap - ek kan net haar angstigheid vir die hele modder gedoente imagine! Sy het baie stunning gelyk - soos alle bruide mos maar doen. Die sleg was dat die dominee nie enige klank hulpmiddels gebruik het nie en ons nie 'n enkele woord kon hoor nie. Nogal jammer want ons moes maar na die ander mense loer om te sien wannneer hulle oë toemaak en handeklap ens.
Die onthaal was daarna in 'n tent ook op die plaas. Dit het regtig baie mooi gelyk binne-in. Daar was 'n live band en fairy lights oral. Nogal interessant was die feit dat hulle nie 'n tradisionele ouers- aan-beide-kante-van-die-bruidspaar gehad het nie, maar eerder 'n tafel vol vriende en hulle ouers by aparte tafels by hulle vriende.
Sal nie heeltemal afgaan met ons ouers nie, hulle sal bietjie sensitief wees daaroor! Ek kan net imagine die gesigsuitdrukkings as ek nou so iets moet voorstel!!
Maar ek moet sê ek verkies ook die tradisionele manier van sit.
Oorkant ons beland daar 'n meisie wat saam my op skool was - ongelooflik hoe die dinge loop. Ons was baie dankbaar vir bietjie afrikaanse geselskap! Nie om enige iemand te offend nie, ons het stunning engelse pelle, maar om in afrikaans te kuier is net anders :-)
So gepraat van kuier, dit het ons sommer goed gedoen! Ek was lekker lam gister oggend toe ek opstaan.
Hoogtepunte van die troue : 1 Die kos! 2. Die fireworks! 3. Die wyn 4 Die geselskap.
Dinge om te onthou vir my troue - 1.moenie buite trou as dit koud is nie! 2. DJ's maak vir lekkerder dans as 'n live band. 3. Goeie wyne en kos is 'n wenner. 4. Goeie geselskap is dood belangrik - dus kyk mooi na tafelrangskikking van mense. 5. Modder sucks!

Friday, May 19, 2006

my gevolg....

Lizma....my Maid of Honour - Beste vriendin van Uni.

Yente.. my Bridesmaid (en toekomstige dogter)
Anje...my blommemeisie - hier is hulle albei in blou by Burger en Karen se troue

Rok-en roll

Ek het gister vir Tannie Reina in die hande gekry. Sy sê ek moet chill, ons gaan eers na September met die rok begin. Ek moet haar net een of ander tyd solank gaan sien sodat ons kan praat oor hoe dit gaan lyk ens. Gelukkig een ding minder waaroor ek nou hoef te worry - vir eers.

Thursday, May 18, 2006

Videograaf

Burger en Karen het 'n videograaf gebruik wat hulle nie 'n arm en 'n been gekos het nie en ons het Sondagaand lekker gelê en hulle trou DVD kyk. So toe besluit ons vir daardie geld (om en by R2700) sal ons dit ook waag. Na 'n waarskuwing van Burger dat die ou baie lief is vir praat bel ek hom gou vanoggend. 'n Baie aangename ou en ja, hy is lief vir praat. Hy praat gelukkig 'n klomp sin en na 20 minute het ek hom geboek vir November, - net betyds wat sy hele Desember is baie vol. Ek moet net onthou om die Deposito volgende week te betaal.

Wednesday, May 17, 2006

Nogsteeds niks




Ek het nogsteeds niks gedoen nie en vergeet nou al vir die 3de dag in 'n ry om my pakkie "trou notas" saam te bring werk toe sodat ek vir Tannie Reina kan bel wat my rok moet maak. Ek het geen idee hoe lank voor die tyd om met die rok te begin nie. Sy sal definitief weet.
Ons het nogal 'n aktiewe jaar wat troues bywoon aanbetref. Ons het een in Januarie gehad - My kamermaat van universiteit koshuis - Lize en Fonnie. Toe kom Maart , Burger en Karen (Wilhelm se broer) het getrou op Hollandse Molen naby Paarl. Hier is 'n foto van hulle. April was dit Nadine en Morne se beurt - jare lange huisvriende van ons familie. Hulle het getrou in Brackenfell en die onthaal was net buite Kuilsrivier op 'n plaas. Laas naweek was ons by Marie en Andre se troue op Robertson, sy was saam met Wilhelm in die klas op universiteit. Die naweek wat nou kom is Jocelyn en Nicholas se beurt. Sy werk saam met Wilhelm. Hulle trou op sy plaas net hier buite in die Banhoek vallei (Helshoogte pas, Stellebosch)
Al die troues is nogal goed in die sin dat ek elke keer nuwe idees sien en ook meer seker word van wat ek nie wil doen nie en ja natuurlik is dit stunning lekker om goeie vriende se spesiale dag met hulle te deel!!
Ons @Home rekening aan die ander kant van al die geskenke van die gift-registry's af is SCARY !
(Moet onthou om ons lys aan die einde van die jaar daar te doen...)

Monday, May 15, 2006

Budget



So, so ver soos wat ek noual kon lees-materiaal in die hande kry lyk dit vir my ons gaan bankrot wees nadese! Aangesien die gemiddelde troue vir 100 gaste ongeveer R75 000 kos !!!!!
Wel, dit is buite die kwessie, ek sal maniere moet kry om ons troue goedkoper te doen.
Nie een van ons ouers het die geld om die troue vir ons te sponser nie so ons sal maar sente bymekaar moet krap!
Ek het nogal 'n lekker 'Budget' beplanner op die volgende webblad gekry en is besig om dit in te span vir my beplanning: http://www.bruid24.co.za

Die Begin


Dit het alles gebeur toe Wilhelm my hand gevra het die aand op die hawe muur in Gordonsbaai. Die sonnetjie het al laag oor die water gesit.Dit was die 30 ste Desember 2005. Hy het my op my skouer getik en sy toe vuis na my toe uitgehou. Ek het verbaas gevra "Wat's dit?" Hy sê toe "Hiér" ek vra toe weer, meer ernstig "Wat's dit?" waarop hy sy hand oopgemaak het en daar lê die mooiste, blinkste ring wat ek nog ooit gesien het! Ek was so verras en geskok dat ek senuweeagtig begin giggel het. Natuurlik was my antwoord JA! Ons het toe eers lekker gaan 'celebrate' by Antonio's net oorkant die hawe voor ons al die familie baie opgewonde laat weet het dat ons virewig gaan saam wees!

Ons trou datum is 25 November 2006 en hier is my journey tot daar........