Pietman & Barbara

Pietman en Barbara het in die St Augustine Chapel getrou en daarna was die onthaal in die Paternoster Lodge. Hulle het sommer die hele lodge bespreek vir die

Baie belangrik is die rol wat jou seremonie meester speel, ek het dit net weer besef die naweek. Mike, Barbara se broer het dit met soveel gemak gedoen en was so spontaan snaaks dat die gaste dit onmiddelik aanvoel. Wanneer 'n seremonie meester gevorseerde grappies maak en dit nog onder die beld ook is, hang die ongemaklikheid sommer dik in die lug! Hou dit kort en kragtig en wees net natuurlik.
Ek moet sê die realiteit van in die paadjie afstap begin nou erg inskop - ek was amper so tens soos die bruid toe sy in daai paadjie afstap. Haar troos aan my was "Toemaar, as jy eers jou makeup en rok aan het dan voel jy soos 'n prinses en dan ontspan mens ook sommer" en ek moet sê Barbara, jy het waarlik soos een gelyk!