Thursday, May 18, 2006

Videograaf

Burger en Karen het 'n videograaf gebruik wat hulle nie 'n arm en 'n been gekos het nie en ons het Sondagaand lekker gelĂȘ en hulle trou DVD kyk. So toe besluit ons vir daardie geld (om en by R2700) sal ons dit ook waag. Na 'n waarskuwing van Burger dat die ou baie lief is vir praat bel ek hom gou vanoggend. 'n Baie aangename ou en ja, hy is lief vir praat. Hy praat gelukkig 'n klomp sin en na 20 minute het ek hom geboek vir November, - net betyds wat sy hele Desember is baie vol. Ek moet net onthou om die Deposito volgende week te betaal.

No comments: