Wednesday, June 14, 2006

14 Junie 2006

Ek het gisteraand 'n brainwave geslaan en dink ek het 'n goeie idee vir 'n troukaartjie, wel, eintlik moet ek www.weddingcards.co.za die krediet gee, maar ek gaan dit darem slightly modify. Ek gaan nie noual die design weggee nie, maar kyk gerus daar. Hulle het bewoording vir kaartjies ook daar. Ek moet sĂȘ niks wat my regtig weggeslaan het nie, so as iemand dalk weet van 'n plek waar ek nice afrikaanse bewoording vir die uitnodigings kan kry, laat weet asb!
Ons gaan Vrydag (Jeugdag) afsuiker Riebeek toe om te gaan kyk na die venue. Ek het vanoggend met Magdel gepraat en hulle het Vrydagaand 'n troue daar aan so dit pas perfek. Dan kan ons sommer na die saal gaan kyk as dit opgemaak is en met die regte mense chat- caterers ens.
Burger, Karen en Jacomien kom ook saam, hulle gaan sommer hulle verblyf loop soek vir die troue en dit nou al boek. Exiting, ek sien so uit!

No comments: