Ek het 'n baie volledige lys van ons 'voorlopige' gaste aan Wilhelm gegee om te scan. Na ons nog 3 couples bygesit het wat ek vergeet het - (nee ek los maar die name hier weg!) het ons met 'n skok agtergekom dat ons staan op 121 mense ! Ons wil nader aan 85 mense eindig!!! Dit is so 'n tricky storie want daar is die 'groepe' wat mens mos moet nooi. As jy een uitlos kan jy nie die ander nooi nie. Ons troue is gelukkig net die close familie wat ek en Wilhelm daar wil hĂȘ, en nie honderde ooms en tannies wat ons skaars ken nie - bonus! Verder net pelle en kollegas.
Ek het 'n paar lekker 'templates' afgelaai van Outlook af wat mens kan gebruik in excell vir jou gastelys, budget ens. Hier is hy : http://office.microsoft.com/en-us/templates/default.aspx?Application=XL&Ver=11
Daar is sommer enige templates waaraan jy kan dink, nie net vir troues nie. Baie Handy!
No comments:
Post a Comment