Friday, March 16, 2007

Update- 3 maande en 'n bietjie down the line

So die honeymoon is verby en ons is al 3 maande terug by die werk en ek kan happily report dat ons nog baie gelukkig en bitter lief vir mekaar is :-)
Ons is nou stadig besig om ons huisie in te ruim, ons tuin mooi te maak en sommer net die lewe te geniet. Ons het seker so 3 weke terug ons trouvideo gekry en dit was heerlik om weer als so te herleef. Ek moet nog die dankie sê kaartjies doen, en sal seker nou tyd hê daarvoor (aangesien parsseisoen verby is!)
Wel, los maar 'n comment as daar enige iets is waarmee ek iemand dalk kan help - troureelings gewys.
Kyk hier regs op die blad vir die kontak nommers van al die mense wat ek gebruik het.

Groete Poppins

Wednesday, January 31, 2007

Bruid van die jaar 2006 KOMPETISIE !! STEM NOU

Stem asb HIER vir my
:-) Dankie xx

Friday, January 05, 2007

Afrikaanse Troukaartjie Bewoording (Informeel)

Hi weer ek, voor ek finaal oorskuiwe na www.wynvliegie.iblog.co.za, wil ek graag my troukaartjie se bewoording hier plaas want ek het al soveel versoeke gekry daarvoor, hoop dit help van julle


Liewe Familie en Vriende
Dit is ons vreugde om u uit te nooi na ons huweliksbevestiging
Op 25 November 2006 om 16H00
Die Seremonie en onthaal vind plaas te
Groenrivier Landgoed,
Riebeek – Wes (
Kontant kroeg beskikbaar)
Ons sien uit daarna om hierdie dag met u te deel.
Vriendelike Groete
Elize & Wilhelm
Bevesting asb. Voor 31 Oktober 2006
Wella :4443434331313
Elize:083 6464313143
Jammer, geen kinders

Baie liefde
poppins aka wynvliegie - kom kuier asb vir my op www.wynvliegie.iblog.co.za
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Thursday, January 04, 2007

'n Nuwe begin

Liewe lesers so het die tyd dan nou ook aangebreuk om te groet, but wait there's more!
Ek vertel verder oor my doen en late, maar op 'n nuwe blog www.wynvliegie.iblog.co.za so gaan soek my asseblief daar!!
Groetnis en sterkte vir die Brides-to-be!!

xxxxxx
Poppins

Wednesday, January 03, 2007

Maand 1 ook al verby

Sjoe,
Ek is terug by die werk, Kersfees is verby, 2006 is verby en ons is al 'n maand getroud! Hectic dat die tyd so vlieg, dis net ongelooflik!
Ons was tussen kersfees en nuwejaar bietjie Kleinbaai toe - my hart se punt- om saam my ouma te gaan kuier in die strandhuis. Die weer was gag en ons kon nie eens eenkeer swem nie.
Ek het gedink aangesien die troue ook nou verby is en ek nogal die blog-ding geniet of ek nie op 'n ander plek moet aangaan nie... Ek moet nog vir my 'n nuwe account oopmaak- hou van die spul by iblog.co.za so sal seker soontoe mik. Maar ek hou julle op hoogte.

Monday, January 01, 2007

Honeymoon week 2

Ok, so ek is 'n bietjie agter wat die bloggery aanbetref. Ons het al ons eerste maand van getroude lewe agter die rug.(whoehoe!) So far so good - hehe. Ek wil net gou eintlik vertel van die tweede week van ons heuning maan. Die blerrie fotos sukkel om te laai, maar ek sal aanhou probeer!!
So- ons is toe die maandagoggend uit die wildtuin - by die Palaborwa hek - oppad na Graskop. Ons het eers 'n stop gemaak by 'n Wildlife rehabilitation centre. Dit was bitter interessant en ons kon toe die luiperds en jagluiperds sien wat ons nie kon opspoor in die wildtuin nie (ongelukkig nou agter tralies) Dit was baie leersaam en ek sal weer gaan.10 uit 10 aan al die mense wat so hard daar werk om die diere te dokter.
Ons het toe op Graskop aangekom - die weer vir die eerste keer reenerig. Ons het middagete geeet in 'n portugeuse restaurant wie se naam ek nie kon onthou nie. Om een of ander rede is pannekoeke baie groot op die dorp want 4 uit die 5 restaurante was pannekoek plekke (nee dankie!) Die restaurant sukkel om hulle dranklisensie te kry en ons moes oor die pad glip na die hotel om 'n botteltjie Zonnebloem Sauvignon Blanc te gaan koop (ja, ek weet dis sad om jou eie wyne te drink maar ten minste weet ek die kwaliteit is goed ;-) )
Ons het in die Summit lodge gebly- hulle was so nice om ons teen geen ekstra kostes te upgrade na die honeymoon suite toe.
Ons het die volgende twee dae in die area rond gecruize en 'n wyntjie of twee op Pelgrimsrus gaan geniet. Ons het 'n stunning pub ontdek in die dorp The Loco Inn pub - wat die ou treinstasie was - ons was so mal oor die plekkie (baie cozy en vriendelike mense) dat ons albei aande daar gaan eet en ons night cappie gedrink het.
Woensdag oggend is ons deur Dullstroom toe. Ons het in fênsie chalet/tente bo in 'n boom gebly. Dit was heerlik - dink die beste verblyf die laaste 2 weke. Valley of the rainbow is die plekkie se naam en lê so 30 km buite die dorp - geen selfoon opvangs - BLISS !! Ons het by die Restaurant FIBS geëet op die dorp - 'n MOET vir enige kosliefhebber en hulle het 'n lekker wynlys ook. Ek het sommer daar in 'n local haarsalon ingevaar en my hare afgesny (tot in my nek).
Vrydag is dit terugkom tyd en ek moet sê dit was heerlik om weg te wees, maar net so heerlik om terug te wees by die huis.

Thursday, December 21, 2006

Foto's

Kyk onder toe vir nog foto's tussen vorige 3 blogs: