Thursday, July 20, 2006

Honey Honey....




...how you thrill me aha, honey honey. Ek kon nie help om hier aan te dink nie, soos enige van julle ABBA fans daar buite sal weet is dit ja, jy het reg geraai, 'n ABBA song. Ons het so paar weke gelede die groot hit Mamma Mia! gaan kyk en van daar af is ons soos ABBA verslaafdes. Nou ons was nog altyd fans, maar dit neig nou al amper na 'n mini kultus - hehe, seker nie so erg nie, maar om by die punt uit te kom, ons is nou besig om uit te 'kyk' - luister - vir musiek om onderskeidelik mee in te loop en die dansbaan mee te open (Ek het mos gesê ons doen die tradisionele ding!) So karring Wilhelm die heeltyd van Mamma Mia! af dat ons die dansbaan met dié song moet oopmaak. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is baie pro ABBA, soos julle gehoor het, maar 'n girl se groot dag is haar groot dag en ek besef toe hier moet ek my voet nou neersit! Ek lag maar net as Wilhelm die topic aanraak en antwoord met 'n baie ferm NEE dat dit nie die keuse gaan wees nie. Wat dit wel gaan wees, mmm, wel ek weet nog nie, maar ontleed about elke song op die radio as ek tussen die werk en huis ry - Die liedjie soekery is 'n exhausting job!
Op 'n ander noot, ons het besluit om saam oor die honeymoon te besluit en ek kan met verligting sê dat al ons plekke is geboek en deposito's betaal. Nader aan die tyd meer oor die Honey Honeymoon

Tuesday, July 11, 2006

Dinsdag 11 Julie 2006

Ek het gisteraand begin met demo - troukaartjies en 'n paar op die rekenaar gedoen. Daar is definitief nog baie werk voor die finale produk, maar vir 'n 1ste poging dink ek nie dis te sleg nie! Die bewoording is steeds bietjie tricky en ek soek nog na die regte woorde.

Nog 4,5 maande oor - die fotograaf het al vanoggend gemail om te hoor of ons reëlings nog op track is. Dirk du Plessis en sy vrou Mariëtte neem saam die foto's. Ek het hulle ontmoet by my nefie se troue 'n jaar gelede en toe ons iemand begin soek was hulle een van die enigste mense wat nie vra dat jy 'n tweede verband op jou huis moet uitneem om die kostes te dek nie. Hulle het uitgekom en ons op 'n geleë tyd kom sien om hulle portefeulje te kom wys. Die foto's is baie professioneel gedoen. Jy kry al jou foto's in 'n album sowel as jou negatiewes en dan word daar so ongeveer 'n ekstra 300 foto's op 'n cd gesit wat dan nie geprint is nie. Enige kombinasie van hoeveelheid foto's (swart & wit, sepia en/of kleur) is moontlik. Hulle is regtig baie flexable wat dit aanbetref.

Monday, July 03, 2006

Venue



Ek was so bietjie lui met skrywe maar hier is die inskrywing uiteindelik: Ons was mos toe die 16de Junie af Riebeek-Wes toe om na ons venue te gaan kyk (www.groenrivier.co.za). Daar was 'n troue die aand so ons kon 'n baie goeie idee kry van hoe die saal gaan lyk na dit opgemaak is. Die nice van die plek is dat mens absoluut die minimum hoef te doen om dit mooi te maak. Daar is klaar ongelooflike karakter aan die plek. Sommer so twee vlieë met een klap loop ons toe die caterers ook raak by die saal. Malita Joubert is die caterer wat al die troues by dié venue doen, sy is ongelooflik vriendelik en vol raad gewees. Die tuin en chapel net buite die saal waar ons trou is so mooi so sonder enige versiering so ek kan net imagine hoe dit gaan lyk met 'n touchie versiering!!
Ons is 'n volledige toer gegee van die plaas en al die opstalle waar fotograwe hulle wildste verbeelding kan gebruik, daar is selfs die 'back-up' opsie van 'n rustic ou keldertjie waar die seremonie ook gehou kan word indien die weer skielik nie meer sou saamspeel nie.
Ons het sommer die gaste huise op die plaas alles geboek vir die hele naweek vir die hele familie. Dis lekker naby(!) en baie stunning. Ek moet sê ek raak al meer en meer opgewonde!!