Monday, October 30, 2006

Pietman & Barbara



Ons was die naweek na die Idiliese Paternoster toe teen die weskus om my nefie Pietman en Barbara se troue by te woon. Dit was heerlik gewees! Ons het in die oulikste B&B gebly, die mense was gasvry en die diens baie goed, ons het 'n lekker ontbyt ook bygekry. Ons het ook die opsie gehad om net vir een aand te bly terwyl baie van die ander gastehuise jou verplig om die hele naweek te bly/betaal.
Pietman en Barbara het in die St Augustine Chapel getrou en daarna was die onthaal in die Paternoster Lodge. Hulle het sommer die hele lodge bespreek vir die familie om daar oor te bly. Die venue is op die see en regtig baie baie mooi, die mense wat die saal moes regkry was net so 'n bietjie stadig en ek kon sien die bruid se pa raak ongemaklik toe die glase vir die wyn 10 minute voor die paartjie arriveer nog nie op die tafels is nie. Verder was die aand heerlik en ons het gedans en gekuier tot duskant middernag.
Baie belangrik is die rol wat jou seremonie meester speel, ek het dit net weer besef die naweek. Mike, Barbara se broer het dit met soveel gemak gedoen en was so spontaan snaaks dat die gaste dit onmiddelik aanvoel. Wanneer 'n seremonie meester gevorseerde grappies maak en dit nog onder die beld ook is, hang die ongemaklikheid sommer dik in die lug! Hou dit kort en kragtig en wees net natuurlik.
Ek moet sê die realiteit van in die paadjie afstap begin nou erg inskop - ek was amper so tens soos die bruid toe sy in daai paadjie afstap. Haar troos aan my was "Toemaar, as jy eers jou makeup en rok aan het dan voel jy soos 'n prinses en dan ontspan mens ook sommer" en ek moet sê Barbara, jy het waarlik soos een gelyk!

Sunday, October 22, 2006

Kitchen Tea



Ek het Saterdag my kitchen tea gehad - dit was Great! Dankie Liz en Jacomien. Soos ek verstaan was dit 'n redelike mission om my daar te kry! Hulle het vir my 'n stunning stylvolle ontbyt by Poplars Restaurant in Durbanville gehou(www.poplars.co.za). Ek en Wilhelm sou "sy pak laat maak" maar ek eindig toe daar op !! Ek was lekker verras om in die vertrek in te loop en daar staan almal!
Ek het die stunningste goed van almal af gekry en het regtig baie spesiaal gevoel! Dankie !!

Saturday, October 21, 2006


BY ONS NUWE HUISIE

Thursday, October 19, 2006

'40 Days' is ook nou verby

Met nog net 36 dae om te gaan is al ons uitnodigings al gestuur en het meer as helfte van die gaste reeds ge RSVP dat hulle wel kom. My rok is al 'work in progress' en al die lede van die gevolg het al iets om aan te trek - al is dit ook op die stadium nog net 'n hopie materiaal!
Ek is steeds skoenloos, maar gaan tenminste nie kaal of sonder 'n 'tan' in die padjie af loop nie (jip TANCAN is geboek)
Ek en Wilhelm het 'n huis gekoop en al is dit stunning en baie exiting beveel ek vir niemand aan om 'n troue en 'n trek op een slag aan te pak nie - dit is net te stresvol.
Dan vir alle hoopvol mense daar buite wat gedink het jy kan net R3000 vir blomme betaal, het en nou vandag slegte nuus voor - mens kan nie :-( Wil nie in 'n geld bespreking in gaan nie, maar óf Minister Trever moet briek aandraai en die blomme tannie moet verstaan dat dit nogal erg is om R6000 te sien verlep in 3 dae óf ek en Wilhelm trek oor 'n paar maande - Poolsmoor se skuldselle toe!
Anycase, hy is soo rustig, ek bel half paniekbevange oor die kwotasie (en oor 100 ander dinge) en sy rustige kalm self sê net: "Toemaar moenie panick nie skat, ons sal dit uitsorteer, ontspan"

Op 'n heél ander punt - ons het 2 toevoegings tot die 'gesin' gekry nl. twee katjies, te pragtig, hulle heet Weetbix en Pronutro (Boetie en Sussie) en dit is heerlik om die twee bondeltjies liefde in die huis te hê. Hulle het sommer 'n kalmerende effek om 'n mens. Sal later foto's post.