Wednesday, November 22, 2006

3 slapies !!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Vandag my laaste dag by die werk - jipee! Ek is vandag verbasend rustig - weet nie of dit net totale numbness is van vrees is nie, maar voel steeds goed!


Pauline het my gisteraand uit Switserland gebel om te hoor wat die dresscode is, sy is baie opgewonde oor die kuiertjie.


Ek en Liz gaan vanaand rokke aanpas en more aand gaan ek dit loop optel. My shoes is nog nie ingeloop nie, maar tenminste het ek hulle! Bogger blase.


More is Propvol van laaste goed wat gedoen moet word, die adrenalien loop sterk.


Al begeerte wat ek nou het is om 'n rustige aandjie saam met my toekomstige man deur te bring en nie aan 'n enkele reeling hoef te dink nie...

Tuesday, November 21, 2006

3daggies...gulp....


Ek het gedink dit sal nie reg wees as ek vergeet om hier te noem dat ek baie dankbaar is vir almal wat sms'e stuur en bel om sterkte toe te wens nie. Ek waardeer dit bitter baie! Julle is almal baie baie spesiaal.

1. Vanaand moet ek gou 'n garter gaan soek - kan sekerlik nie sonder een van hulle trou nie nê!

2. Koop GROOT pizza om alleen op te eet !!! (Wilhelm by 'n werksfunkie)

3. Verdoof vlinders met yskoue glas(e) witwyn - Zonnebloem Bo!


Tot môre dan,


nag ou grote....

Monday, November 20, 2006

mygrootvetobnoxiousblog

Het my doodgelag toe ek die volgende blog lees. Wou vir die skrywer 'n comment los, maar haar site is nie daarvoor geaktiveer nie... (As jy dalk hier lees en nie weet hoe om 'n comment te los nie, Kliek net hieronder waar dit sê 0 comments en dan kan jy 'n boodskappie los. Maklik ne!)

4 Dae

Ek het so lus om iemand nou te punch ! Daar is nog net 4 aande oor - Vrydag tel nie want ons is reeds op Riebeek-Wes en daar is nog BAIE wat gedoen moet word, en hoeveel van daardie 4 aande het ek vir Wilhelm om saam met my die laaste goed te doen??? 1 aand, en ook nie eens eintlik nie, want ons moet Ludwig gaan sien oor die seremonie.


Net werk, werk werk.

Is alle mans so rustig oor als? Ek wil opcrack van tensgeid en hy is chill,

"Toemaar my skat, ek werk goed onder druk "

PUNCH, PUNCH, PUNCH




Friday, November 17, 2006

JAGGERBOM...

Dit is die wyse woorde van iemand nadat ek gevra het waarmee mens jou bliksemse skoenlappers kan uitroei. Thai tee, hot stone treatment, yoga? Nee wat los maar. Kom ek sê vir julle, as die tyd aanbreek en jy weet oor 'n week is jy 'n mevrou, en voor dit moet jy eers in daardie intimiderende laaaang ISLE afloop op Dié Musiek, dan staan daai boggertjies weer op uit die drank/pille/tee en vlieg 'n vet storm los in jou maag.
Almal vra my veral nou hoe opgewonde is ek en dat ek seker al verskriklik uitsien, en ja, ek doen, maar moet eerlik bieg ek is maar lekker terrified ook! Al daai aandag, die reelings wat nog moet gebeur - dat alles vlot verloop op die dag, sjoe, dis nogal iets! En dan sê ek vir myself: "Girla, dis nog net 7 Dae, dan's dit so!"
Hey, ek het dan nog nie eens my nuwe handtekening geoefen nie! Wie het die mat van tyd onder my voete kom uitruk

Wednesday, November 15, 2006

10 Daggies

Het uiteindelik skoene gekry! Watter flippen mission was dit nie! Ek het die hele Helderberg platgery voor ek uiteindelik 'n halfuur voor ek my outfit moes gaan aanpas 'n paar in die hande gekry. 'n Oulike skoen winkeltjie in die Waterstone Village (kannie naam onthou nie)
Saterdag my hele outfit aangepas - stunning, maar nogal hectic. Ek kan steeds nie myself picture in die paadjie afloop voor al die mense nie...Scary!!
Die meeste van die reelings is nou afgehandel, nou net al die klein jakkalsies vang sodat hulle nie spreekwoordelik die wingerd afbrand nie!!
Enige voorstelle vir geskenkies op die tafels?? (sug...hectic)

Batchelors

So het Wilhelm toe ook sy Batchelors saterdag gehad, hy het dit darem survive, maar het 'n bietjie geheueverlies hier van duskant 9 uur. Burger het gou leer huis skoonmaak en Francois het bietjie gebond met die manne. Al wat my pa met 'n gemompel kon uitkry Sondagoggend was dat 'n man kan nie 'n game soos Poker leer speel as hy 'n "ietsie" in het nie!
Ons het die saterdagoggend 'n funksie by die Grande Roche gehad, ons was genooi deur die juweliers Uwe Koetter as 'n dankie vir die aankoop van my verloofring. Gloudine werk by hulle en is my (aangetroude) niggie. Bel haar en gaan kyk watter ongelooflike mooi goed maak hulle. Daar is klaargemaakte stukke of jy kan met prentjies (hulle het tonne) jou eie ding doen. Hulle is net soos jy in die V&A Waterfront in draai van die snelwee af.
So om terug te kom by my storie, die gekuiertjie voor op die mooi stoep het toe gemaak dat ons daar weg is met reeds papperige tyres - toe nog die batchelors! Ek was lights-out voor die Iere die bokke te veel skade aangerig het en Wilhelm nouja, julle sien mos hierbo!

Thursday, November 09, 2006

Ena & Werner





Wil net baie geluk sê aan Ena en Werner met die geboorte van pragtige Oliver Pienaar laasweek.
Mis julle baie en wens julle kon hier nader aan ons wees....

Tuesday, November 07, 2006

tick tock tick tock

Met nog net 3 weke om te gaan het ek gevoel die tyd is ook nou reg om my natuurlike kalmeerpilletjies te begin drink - Biral - gee nie 'n kick nie, vat net die ergste butterflies weg, want om aanhoudend butterflies te hê is nou nie meer snaaks nie! Vrydagmiddag bel die mense wat my hare en make-up moet doen (Hair Rescue - in Cape Gate Centre) my, net om te sê hulle kan my ongelukkig nie meer help nie, die meisie wat die hare doen is weg en daar is NIEMAND anders beskikbaar nie! Nou ja, 3 weke voor jou troue wil jy nie sulke dinge hoor nie!!!! Gelukkig het ek gister reggekom Marnette Rossouw is haar naam. Ek het haar opgespoor op Capeweddings.
*update* Ek het gisteraand my hare en make-up trial gehad en dit was great! Marnette is spontaan en gegear om enige army te loop pollish en paint (!) Sy het my prentjie vir my hare perfek gedoen en my make-up was stunning! Ongelooflik hoe so iets kleins mens kan laat worry, ek voel onmiddelik vandag my vlinders chill 'n bietjie en die uitsien begin meer uitkom!
Tyd om weer die checklist na te gaan:

1. Blomme - Done
2. Musiek vir buite by diens - JA, dit gaan so cool wees die Hungarian Trio - check dit uit!
3. Naels - nog nie
4. Sonbed - In proses - Wilhelm se grootste panic is ek overkill die tannery - hehe
5. Prokureur - Komplimente van my ex-koshuis kamermaat/Prokureur Lize by Cluver & Makotter op Stellenbosch.
6. Rokke vir die gevolg - in proses (dink ek ...) - (Jacomien ??)
7. Trourok - STUNNING - in proses - REINHA BRIDAL DRESSES - hulle is in Bellville en maak stunning rokke wat jy kan maak om te huur of koop. Die personal touch & aandag is daar!!! Los 'n post vir hulle telefoon nommer
8. Tiara & Sluier - Lg word saam met die rok gemaak en Eg. moet ek nog koop/huur
9. Bestel Champagne - (By my werk) - Done
10. Trial Hare en Make-up - Done
11. Weggooi kamera's koop - Done - sommer pakke van 3 gekoop by Game @ R129 per pak. Onthou dit moet 'n flash hê !
12. Skoene - NEE - KRISIS !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Kry niks waarvan ek hou en/of mee kan stap nie!
13. Sien 'Dominee' - Lidwig is ons 'dominee', dink dis miskien nader aan 'n pastoor. Dinsdae aande sommer so innie Spur met ons Bybels en al - was baie cool en baie nodig!

Nuwe items om by te sit vir still to do:
14. Dasse vir die manne
15. Reel kos met die Caterers
16. Bespreek hoe ons die huweliks formulier wil doen.
17. Bespreek hoe ons die hele verloop van diens en onthaal wil hê
18. Geskenkies vir die tafels - het gisteraand dit met 'n shock onthou!
19. Troukoek of nie? Enige opinies - baie mense sê dis geldmors en oudtyds.
20. 'n Selfhelp boek genaamd "How to loose 20 Kgs in 2 weeks in 2 simple steps" - ha, I wish daar het so 'n boek bestaan, sou seker 'n New York bestseller gewees het!!
21. Tafelplan
22. Wat moet ons sing tydens diens - dan ook bladjies vir die diens
23. Waarop loop ons in en waarop open ons die dansbaan - nee Abba maak steeds nie die cut nie!!!
24.......sal seker later aan nog goed dink


Nog 16 Slapies oor.....