Thursday, December 21, 2006

Foto's

Kyk onder toe vir nog foto's tussen vorige 3 blogs:








Wednesday, December 13, 2006

Honeymoon Week 1

So waar was julle vra julle vir my, wel, kom ek vertel in kleur.
Ons het na die troue op Riebeek in Church Hills gebly - STUNNING. Daarna is ons sondagoggend terug Groenrivier toe om al ons prezzies te gaan optel - dit is definitief een van die highlights - verseker - veral as jy soos ek nog nooit regtig 'groot geraak' het in terme van persente ontvang nie, maw ek loooovvveeee prezzies whoehoe!!
Anycase, toe is ons terug huis toe vir die dag, aangesien ons weggaan vir 2 weke het ons gedink dit sal prakties beter werk as ons na die troue kan gaan pak en die naweek se goodies dump (onder andere my nie-meer-so-wit trourok wat ek nou besit)
Ons het met baie genot die geskenkies oopgemaak en mooi boekgehou van wie wat gegee het - jip onhou maar die tip !
Maandag oggend dou voor dag is ons oppad lughawe toe vir die offisiele begin van ons Honeymoon. Ons land 3 ure later in Nelspruit tel ons karretjie op en cruize reguit Kruger wildtuin toe.
Ok, nou as van julle die wildtuin en veral die area ken sal julle nou op hierdie punt julle koppe begin skud in simpatie - ja dit was so warm soos almal ons gewaarsku het! ha, ons het veral op dag 3 amper gedood, maar gelukkig was ons gegear vir die hitte (behalwe dag drie toe dit 45 C was!!) en al ons vervoer/verblyf het aircon gehad.
Ons het 'n fees van 'n tyd gehad !! Ons was vir 2 nagte in die Pretoriuskop kamp, 2 nagte in Satara kamp (my gunsteling gewees!), 'n nag in Olifantskamp('n nag te veel!) en 2 nagte in Letaba kamp (nadat ons ons ander 2 aande by bg kamp gekanseleer het) Definitief 'n destinasie om aan te beveel, as jy egter in die winter kan gaan vs die somer, kies maar eersgenoemde!

Monday, December 11, 2006

Ons Onthaal


















Terwyl ek en Wilhelm ons lywe model gehou het, het ons gaste op die stoep langs die saal hulself van die hitte gelawe met bietjie Champagne en Canapes. Ons het natuurlik 'n perfekte dag gekry met die wind en onplesierigheid van die vorige dag heeltemal vergete.


Bertus het die dinge vir ons gestuur vir die aand en het homself goed van sy taak gekwyt.









Ons het toe ingeloop op "It's a kind of Magic" van Queen en toe die oomblik aanbreek die dansbaan geopen met "Weer en weer" van Freddi Nest. Dit was absoluut ongelooflik, behalwe dat ek amper halfpad deur die liedjie my rok verloor het nadat Wilhelm dit raak getrap het want die rok wat Woensdagaand perfek gesit het is toe so 'n bietjie wyer as wat ek hom kan onthou en daarom toe ook bietjie langer! HA, gelukkig was dit darem nie heeltemal so erg nie en het ek dit later gefix gekry, maar nou ja, ek kan sê dis die "een-ding-wat-definitief-op-jou-troue-gaan-skeefloop" oomblik gewees. Die res van die aand het bestaan uit dans, kuier onder die sterre en lekker eet! 'n Aand om nooit te vergeet nie..........Watter fees was dit nie!










Net vir die wat die blog gevolg het, ek het toe sommer net mooi chocolatjies op die tafels gesit as geskenkies, wat danksy die aircon dit net-net en in sommige gevalle net-net nie, gemaak het nie.





Die GROTE Dag.....









En nou ja, 2 weke later is ek hier,mevrou Coetzee, terug van Honeymoon af. Ja, ek het toe die Groot Dag survive sonder om van angs te beskwyk en nee ek het nie second thoughts gehad op nommer 99 nie en ja, ek mag dit maar sê, ek het soos 'n prinses gelyk en gevoel!!
Ons is die vrydagmiddag 24 Nov deur Riebeek-Wes toe. Die weer was baie sleg en dit was maar 'n koelerige aand. Ons het 'n heerlike reuse braai gehou vir my en Wilhelm se families. Ek moet net noem dat ek by die stadium toe glad nie meer 'n stem oor het nie, dit het net donderdag middag weggegaan. Hetsy ookal watter sielkundige of mediese rede is ek toe nou soortvan stom. Almal is net geworried oor hoe ek die "JA" gaan uitkry die volgende middag.....
My troudag begin toe net voor 8 die oggend met "breakfast in bed" vir my en Lizma en die ander girls, daarna het ons 'n rustige oggend gehad van koerant lees en toonnaels verf. Die kinders het almal geswem en ek was heel kalm.
Hier rondom 11 toe word ons opgekomandeer na die kombuis van die eienaars waar Oom van der Byl vir my en lizma eers koffie en toe sommer vonkelwyn aanbied. 'n Bottel later is ons eers terug na ons kamers waar Marnette gearriveer het vir ons hare en make-up.
Ons het toe op 'n punt begin en almal se hare en toe make-up getackle en toe is dit 3 uur. Ek het darem so stadig aan tussendeur aan 'n Pongratzie geslurp, steeds heel kalm.

My opregte gebed in die stort dat ek net moet rustig wees het die Here ook vir my verhoor.
Half vier toe trippel Sakkie rond om my te kom haal met sy spog-spesiaal-gewas-vir-die-geleentheid-merc terwyl die fotograwe en videograaf baie bedrywig was. Sakkie is kwart voor sonder my daar weg om te gaan aantrek - sorry Sakkie!!!
4:00 The moment of truth...
My pa staan ongemaklik rond en skuif die heeltyd sy gewig van die een been na die ander terwyl hy die sweetjie op sy slape en bolip wegvee - duidelik baie minder rustig as sy dogter. Ek het by hom ingehak 'n diep asem ingetrek - 'n aquafresh mintjie gesuig en toe gaan ons. Uit by die hekkie oor die grond aangestap, "pose" vir 'n finale keer saam met pa vir 'n fototjie en toe loop ons na die paadjie toe. Die troumars het begin speel (Die trio was fantasties met die musiek) en ek en my pa loop statig en trots in die paadjie af... Pa lig my sluier op soen my, 5 tellings langer hou hy my vas voor hy draai om Wilhelm se hand te skud. Ek is glad nie tranerig nie (dankie tog) maar ma sê pa se trane het gekom toe hy gaan sit. Hy was so braaf vir my onthalwe maar net vir so lank!
Die dominee praat pragtig en ons luister aandagtig en toe die tyd kom kry ek met 'n hees gekraak tog die woorde uit my stom keel. JA, Virewig! Ons teken register en word daana met konfetti deur ons vriende en familie ingewag.