Tuesday, September 19, 2006

Still to do

Ek het ons trou uitnodiging komponente vanoggend gekry - nou moet ek vanaand gaan spoeg en plak - ek is so tens dat ek dit opmors, maar ek hoop darem nie so nie! Ons begin in 3 weke met my rok so ek kan nog op 'n eetstaking gaan en 'n paar k's verloor - wishful thinking.
So hier nog my to do lys...en ek is seker hy is nie volledig nie.

1. Blomme (kry nie die vrou in die hande nie)
2. Musiek vir buite by die diens
3. Naels (net nice natuurlike gel naels - want ek het glad nie)
4. Sonbed
5. Prokureur
6. Rokke vir gevolg
7. Trourok
8. Tiara + sluier (is daar nie 'n beter woord nie??)
9. Bestel Champagne
10.Trial hare en make-up
11.koop weggooi kamaras
12. Skoene !!
13. Sien die Predikant/Dominee

66 Dae om te gaan

Tuesday, September 12, 2006

12 September 2006

Mede lesers, ek is baie verlig om te kan rapporteer dat ons uitnodigings uitgesorteer is. Ons was weer Paper Paradise toe en die eienaar het ons Ongelooflik baie gehelp. Hulle doen sommer nou vir ons die uitsny werk en printing en dan moet ek dit net alles aanmekaar plak.
Verder het ons ons gift registry gaan opstel by @ Home, hoeveel fun was dit nie!! Ek en Wilhelm het daar deur die winkel gesluip, armed met 'n scanner in die hand en ons wishlist is about 2 maal langer as ons gastelys! Hillarious! Ons het lekker gelag, veral toe ons begin R700 se toasters en ketels scan! Ek weet vir 'n feit daar is nie sulke spandabelrige mense op ons lys nie, maar dit was soveel fun, ons kon ons self nie keer nie, ons sal maar agterna ons eie wishlys vol koop. Net vir interessantheid, mens kry na die troue 'n gift voucher van @ Home ter waarde van 10% van die totale bedrag wat jou gaste op jou wishlys spandeer het.
So, toe is ek in die materiaal winkels in om te gaan kyk of ek ten minste lap sien vir die 'girls', en tot my groot geluk het ek gesien waarvan ek hou. Ek gaan gou volgende naweek lap koop en patrone soek.
Voor ek vergeet, ek was die naweek op Barbara, my aanstaande aangetroude niggie (!!) se kitchentea - 'n lingerie-party- en dit was soveel fun! Ek dink dit is 'n briljante idee om die aanstaande bruid met soveel mooi undies te spoil! Die strawberry cocktails agterna was ook GLAD nie sleg nie! Well done Janene vir die organisasie van daai een. Barbara was regtig uit die veld geslaan en het dit glad nie verwag nie! Ek sien baie uit na hulle troue op Paternoster einde Oktober.Dan is dit my beurt .....73 Dae oor...........