Tuesday, September 19, 2006

Still to do

Ek het ons trou uitnodiging komponente vanoggend gekry - nou moet ek vanaand gaan spoeg en plak - ek is so tens dat ek dit opmors, maar ek hoop darem nie so nie! Ons begin in 3 weke met my rok so ek kan nog op 'n eetstaking gaan en 'n paar k's verloor - wishful thinking.
So hier nog my to do lys...en ek is seker hy is nie volledig nie.

1. Blomme (kry nie die vrou in die hande nie)
2. Musiek vir buite by die diens
3. Naels (net nice natuurlike gel naels - want ek het glad nie)
4. Sonbed
5. Prokureur
6. Rokke vir gevolg
7. Trourok
8. Tiara + sluier (is daar nie 'n beter woord nie??)
9. Bestel Champagne
10.Trial hare en make-up
11.koop weggooi kamaras
12. Skoene !!
13. Sien die Predikant/Dominee

66 Dae om te gaan

No comments: