Monday, July 03, 2006

Venue



Ek was so bietjie lui met skrywe maar hier is die inskrywing uiteindelik: Ons was mos toe die 16de Junie af Riebeek-Wes toe om na ons venue te gaan kyk (www.groenrivier.co.za). Daar was 'n troue die aand so ons kon 'n baie goeie idee kry van hoe die saal gaan lyk na dit opgemaak is. Die nice van die plek is dat mens absoluut die minimum hoef te doen om dit mooi te maak. Daar is klaar ongelooflike karakter aan die plek. Sommer so twee vlieë met een klap loop ons toe die caterers ook raak by die saal. Malita Joubert is die caterer wat al die troues by dié venue doen, sy is ongelooflik vriendelik en vol raad gewees. Die tuin en chapel net buite die saal waar ons trou is so mooi so sonder enige versiering so ek kan net imagine hoe dit gaan lyk met 'n touchie versiering!!
Ons is 'n volledige toer gegee van die plaas en al die opstalle waar fotograwe hulle wildste verbeelding kan gebruik, daar is selfs die 'back-up' opsie van 'n rustic ou keldertjie waar die seremonie ook gehou kan word indien die weer skielik nie meer sou saamspeel nie.
Ons het sommer die gaste huise op die plaas alles geboek vir die hele naweek vir die hele familie. Dis lekker naby(!) en baie stunning. Ek moet sê ek raak al meer en meer opgewonde!!

No comments: