Wednesday, November 15, 2006

Batchelors

So het Wilhelm toe ook sy Batchelors saterdag gehad, hy het dit darem survive, maar het 'n bietjie geheueverlies hier van duskant 9 uur. Burger het gou leer huis skoonmaak en Francois het bietjie gebond met die manne. Al wat my pa met 'n gemompel kon uitkry Sondagoggend was dat 'n man kan nie 'n game soos Poker leer speel as hy 'n "ietsie" in het nie!
Ons het die saterdagoggend 'n funksie by die Grande Roche gehad, ons was genooi deur die juweliers Uwe Koetter as 'n dankie vir die aankoop van my verloofring. Gloudine werk by hulle en is my (aangetroude) niggie. Bel haar en gaan kyk watter ongelooflike mooi goed maak hulle. Daar is klaargemaakte stukke of jy kan met prentjies (hulle het tonne) jou eie ding doen. Hulle is net soos jy in die V&A Waterfront in draai van die snelwee af.
So om terug te kom by my storie, die gekuiertjie voor op die mooi stoep het toe gemaak dat ons daar weg is met reeds papperige tyres - toe nog die batchelors! Ek was lights-out voor die Iere die bokke te veel skade aangerig het en Wilhelm nouja, julle sien mos hierbo!

No comments: