Wednesday, November 15, 2006

10 Daggies

Het uiteindelik skoene gekry! Watter flippen mission was dit nie! Ek het die hele Helderberg platgery voor ek uiteindelik 'n halfuur voor ek my outfit moes gaan aanpas 'n paar in die hande gekry. 'n Oulike skoen winkeltjie in die Waterstone Village (kannie naam onthou nie)
Saterdag my hele outfit aangepas - stunning, maar nogal hectic. Ek kan steeds nie myself picture in die paadjie afloop voor al die mense nie...Scary!!
Die meeste van die reelings is nou afgehandel, nou net al die klein jakkalsies vang sodat hulle nie spreekwoordelik die wingerd afbrand nie!!
Enige voorstelle vir geskenkies op die tafels?? (sug...hectic)

No comments: