Friday, November 17, 2006

JAGGERBOM...

Dit is die wyse woorde van iemand nadat ek gevra het waarmee mens jou bliksemse skoenlappers kan uitroei. Thai tee, hot stone treatment, yoga? Nee wat los maar. Kom ek sê vir julle, as die tyd aanbreek en jy weet oor 'n week is jy 'n mevrou, en voor dit moet jy eers in daardie intimiderende laaaang ISLE afloop op Dié Musiek, dan staan daai boggertjies weer op uit die drank/pille/tee en vlieg 'n vet storm los in jou maag.
Almal vra my veral nou hoe opgewonde is ek en dat ek seker al verskriklik uitsien, en ja, ek doen, maar moet eerlik bieg ek is maar lekker terrified ook! Al daai aandag, die reelings wat nog moet gebeur - dat alles vlot verloop op die dag, sjoe, dis nogal iets! En dan sê ek vir myself: "Girla, dis nog net 7 Dae, dan's dit so!"
Hey, ek het dan nog nie eens my nuwe handtekening geoefen nie! Wie het die mat van tyd onder my voete kom uitruk

No comments: