Tuesday, November 07, 2006

tick tock tick tock

Met nog net 3 weke om te gaan het ek gevoel die tyd is ook nou reg om my natuurlike kalmeerpilletjies te begin drink - Biral - gee nie 'n kick nie, vat net die ergste butterflies weg, want om aanhoudend butterflies te hê is nou nie meer snaaks nie! Vrydagmiddag bel die mense wat my hare en make-up moet doen (Hair Rescue - in Cape Gate Centre) my, net om te sê hulle kan my ongelukkig nie meer help nie, die meisie wat die hare doen is weg en daar is NIEMAND anders beskikbaar nie! Nou ja, 3 weke voor jou troue wil jy nie sulke dinge hoor nie!!!! Gelukkig het ek gister reggekom Marnette Rossouw is haar naam. Ek het haar opgespoor op Capeweddings.
*update* Ek het gisteraand my hare en make-up trial gehad en dit was great! Marnette is spontaan en gegear om enige army te loop pollish en paint (!) Sy het my prentjie vir my hare perfek gedoen en my make-up was stunning! Ongelooflik hoe so iets kleins mens kan laat worry, ek voel onmiddelik vandag my vlinders chill 'n bietjie en die uitsien begin meer uitkom!
Tyd om weer die checklist na te gaan:

1. Blomme - Done
2. Musiek vir buite by diens - JA, dit gaan so cool wees die Hungarian Trio - check dit uit!
3. Naels - nog nie
4. Sonbed - In proses - Wilhelm se grootste panic is ek overkill die tannery - hehe
5. Prokureur - Komplimente van my ex-koshuis kamermaat/Prokureur Lize by Cluver & Makotter op Stellenbosch.
6. Rokke vir die gevolg - in proses (dink ek ...) - (Jacomien ??)
7. Trourok - STUNNING - in proses - REINHA BRIDAL DRESSES - hulle is in Bellville en maak stunning rokke wat jy kan maak om te huur of koop. Die personal touch & aandag is daar!!! Los 'n post vir hulle telefoon nommer
8. Tiara & Sluier - Lg word saam met die rok gemaak en Eg. moet ek nog koop/huur
9. Bestel Champagne - (By my werk) - Done
10. Trial Hare en Make-up - Done
11. Weggooi kamera's koop - Done - sommer pakke van 3 gekoop by Game @ R129 per pak. Onthou dit moet 'n flash hê !
12. Skoene - NEE - KRISIS !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Kry niks waarvan ek hou en/of mee kan stap nie!
13. Sien 'Dominee' - Lidwig is ons 'dominee', dink dis miskien nader aan 'n pastoor. Dinsdae aande sommer so innie Spur met ons Bybels en al - was baie cool en baie nodig!

Nuwe items om by te sit vir still to do:
14. Dasse vir die manne
15. Reel kos met die Caterers
16. Bespreek hoe ons die huweliks formulier wil doen.
17. Bespreek hoe ons die hele verloop van diens en onthaal wil hê
18. Geskenkies vir die tafels - het gisteraand dit met 'n shock onthou!
19. Troukoek of nie? Enige opinies - baie mense sê dis geldmors en oudtyds.
20. 'n Selfhelp boek genaamd "How to loose 20 Kgs in 2 weeks in 2 simple steps" - ha, I wish daar het so 'n boek bestaan, sou seker 'n New York bestseller gewees het!!
21. Tafelplan
22. Wat moet ons sing tydens diens - dan ook bladjies vir die diens
23. Waarop loop ons in en waarop open ons die dansbaan - nee Abba maak steeds nie die cut nie!!!
24.......sal seker later aan nog goed dink


Nog 16 Slapies oor.....

No comments: