Wednesday, December 13, 2006

Honeymoon Week 1

So waar was julle vra julle vir my, wel, kom ek vertel in kleur.
Ons het na die troue op Riebeek in Church Hills gebly - STUNNING. Daarna is ons sondagoggend terug Groenrivier toe om al ons prezzies te gaan optel - dit is definitief een van die highlights - verseker - veral as jy soos ek nog nooit regtig 'groot geraak' het in terme van persente ontvang nie, maw ek loooovvveeee prezzies whoehoe!!
Anycase, toe is ons terug huis toe vir die dag, aangesien ons weggaan vir 2 weke het ons gedink dit sal prakties beter werk as ons na die troue kan gaan pak en die naweek se goodies dump (onder andere my nie-meer-so-wit trourok wat ek nou besit)
Ons het met baie genot die geskenkies oopgemaak en mooi boekgehou van wie wat gegee het - jip onhou maar die tip !
Maandag oggend dou voor dag is ons oppad lughawe toe vir die offisiele begin van ons Honeymoon. Ons land 3 ure later in Nelspruit tel ons karretjie op en cruize reguit Kruger wildtuin toe.
Ok, nou as van julle die wildtuin en veral die area ken sal julle nou op hierdie punt julle koppe begin skud in simpatie - ja dit was so warm soos almal ons gewaarsku het! ha, ons het veral op dag 3 amper gedood, maar gelukkig was ons gegear vir die hitte (behalwe dag drie toe dit 45 C was!!) en al ons vervoer/verblyf het aircon gehad.
Ons het 'n fees van 'n tyd gehad !! Ons was vir 2 nagte in die Pretoriuskop kamp, 2 nagte in Satara kamp (my gunsteling gewees!), 'n nag in Olifantskamp('n nag te veel!) en 2 nagte in Letaba kamp (nadat ons ons ander 2 aande by bg kamp gekanseleer het) Definitief 'n destinasie om aan te beveel, as jy egter in die winter kan gaan vs die somer, kies maar eersgenoemde!

No comments: