Monday, December 11, 2006

Ons Onthaal


















Terwyl ek en Wilhelm ons lywe model gehou het, het ons gaste op die stoep langs die saal hulself van die hitte gelawe met bietjie Champagne en Canapes. Ons het natuurlik 'n perfekte dag gekry met die wind en onplesierigheid van die vorige dag heeltemal vergete.


Bertus het die dinge vir ons gestuur vir die aand en het homself goed van sy taak gekwyt.









Ons het toe ingeloop op "It's a kind of Magic" van Queen en toe die oomblik aanbreek die dansbaan geopen met "Weer en weer" van Freddi Nest. Dit was absoluut ongelooflik, behalwe dat ek amper halfpad deur die liedjie my rok verloor het nadat Wilhelm dit raak getrap het want die rok wat Woensdagaand perfek gesit het is toe so 'n bietjie wyer as wat ek hom kan onthou en daarom toe ook bietjie langer! HA, gelukkig was dit darem nie heeltemal so erg nie en het ek dit later gefix gekry, maar nou ja, ek kan sĂȘ dis die "een-ding-wat-definitief-op-jou-troue-gaan-skeefloop" oomblik gewees. Die res van die aand het bestaan uit dans, kuier onder die sterre en lekker eet! 'n Aand om nooit te vergeet nie..........Watter fees was dit nie!










Net vir die wat die blog gevolg het, ek het toe sommer net mooi chocolatjies op die tafels gesit as geskenkies, wat danksy die aircon dit net-net en in sommige gevalle net-net nie, gemaak het nie.





No comments: