Thursday, July 20, 2006

Honey Honey....




...how you thrill me aha, honey honey. Ek kon nie help om hier aan te dink nie, soos enige van julle ABBA fans daar buite sal weet is dit ja, jy het reg geraai, 'n ABBA song. Ons het so paar weke gelede die groot hit Mamma Mia! gaan kyk en van daar af is ons soos ABBA verslaafdes. Nou ons was nog altyd fans, maar dit neig nou al amper na 'n mini kultus - hehe, seker nie so erg nie, maar om by die punt uit te kom, ons is nou besig om uit te 'kyk' - luister - vir musiek om onderskeidelik mee in te loop en die dansbaan mee te open (Ek het mos gesê ons doen die tradisionele ding!) So karring Wilhelm die heeltyd van Mamma Mia! af dat ons die dansbaan met dié song moet oopmaak. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is baie pro ABBA, soos julle gehoor het, maar 'n girl se groot dag is haar groot dag en ek besef toe hier moet ek my voet nou neersit! Ek lag maar net as Wilhelm die topic aanraak en antwoord met 'n baie ferm NEE dat dit nie die keuse gaan wees nie. Wat dit wel gaan wees, mmm, wel ek weet nog nie, maar ontleed about elke song op die radio as ek tussen die werk en huis ry - Die liedjie soekery is 'n exhausting job!
Op 'n ander noot, ons het besluit om saam oor die honeymoon te besluit en ek kan met verligting sê dat al ons plekke is geboek en deposito's betaal. Nader aan die tyd meer oor die Honey Honeymoon

Tuesday, July 11, 2006

Dinsdag 11 Julie 2006

Ek het gisteraand begin met demo - troukaartjies en 'n paar op die rekenaar gedoen. Daar is definitief nog baie werk voor die finale produk, maar vir 'n 1ste poging dink ek nie dis te sleg nie! Die bewoording is steeds bietjie tricky en ek soek nog na die regte woorde.

Nog 4,5 maande oor - die fotograaf het al vanoggend gemail om te hoor of ons reëlings nog op track is. Dirk du Plessis en sy vrou Mariëtte neem saam die foto's. Ek het hulle ontmoet by my nefie se troue 'n jaar gelede en toe ons iemand begin soek was hulle een van die enigste mense wat nie vra dat jy 'n tweede verband op jou huis moet uitneem om die kostes te dek nie. Hulle het uitgekom en ons op 'n geleë tyd kom sien om hulle portefeulje te kom wys. Die foto's is baie professioneel gedoen. Jy kry al jou foto's in 'n album sowel as jou negatiewes en dan word daar so ongeveer 'n ekstra 300 foto's op 'n cd gesit wat dan nie geprint is nie. Enige kombinasie van hoeveelheid foto's (swart & wit, sepia en/of kleur) is moontlik. Hulle is regtig baie flexable wat dit aanbetref.

Monday, July 03, 2006

Venue



Ek was so bietjie lui met skrywe maar hier is die inskrywing uiteindelik: Ons was mos toe die 16de Junie af Riebeek-Wes toe om na ons venue te gaan kyk (www.groenrivier.co.za). Daar was 'n troue die aand so ons kon 'n baie goeie idee kry van hoe die saal gaan lyk na dit opgemaak is. Die nice van die plek is dat mens absoluut die minimum hoef te doen om dit mooi te maak. Daar is klaar ongelooflike karakter aan die plek. Sommer so twee vlieë met een klap loop ons toe die caterers ook raak by die saal. Malita Joubert is die caterer wat al die troues by dié venue doen, sy is ongelooflik vriendelik en vol raad gewees. Die tuin en chapel net buite die saal waar ons trou is so mooi so sonder enige versiering so ek kan net imagine hoe dit gaan lyk met 'n touchie versiering!!
Ons is 'n volledige toer gegee van die plaas en al die opstalle waar fotograwe hulle wildste verbeelding kan gebruik, daar is selfs die 'back-up' opsie van 'n rustic ou keldertjie waar die seremonie ook gehou kan word indien die weer skielik nie meer sou saamspeel nie.
Ons het sommer die gaste huise op die plaas alles geboek vir die hele naweek vir die hele familie. Dis lekker naby(!) en baie stunning. Ek moet sê ek raak al meer en meer opgewonde!!

Wednesday, June 14, 2006

14 Junie 2006

Ek het gisteraand 'n brainwave geslaan en dink ek het 'n goeie idee vir 'n troukaartjie, wel, eintlik moet ek www.weddingcards.co.za die krediet gee, maar ek gaan dit darem slightly modify. Ek gaan nie noual die design weggee nie, maar kyk gerus daar. Hulle het bewoording vir kaartjies ook daar. Ek moet sê niks wat my regtig weggeslaan het nie, so as iemand dalk weet van 'n plek waar ek nice afrikaanse bewoording vir die uitnodigings kan kry, laat weet asb!
Ons gaan Vrydag (Jeugdag) afsuiker Riebeek toe om te gaan kyk na die venue. Ek het vanoggend met Magdel gepraat en hulle het Vrydagaand 'n troue daar aan so dit pas perfek. Dan kan ons sommer na die saal gaan kyk as dit opgemaak is en met die regte mense chat- caterers ens.
Burger, Karen en Jacomien kom ook saam, hulle gaan sommer hulle verblyf loop soek vir die troue en dit nou al boek. Exiting, ek sien so uit!

Tuesday, June 06, 2006

Papier Pandemonia

Ons was die naweek in Paper Paradise in Tygervallei sentrum om te gaan papier soek vir ons uitnodigings. Ons het die mooiste papier gekry wat perfek in ons kleur skema gaan pas!
Die verskillende opsies daar is legio, defenitief aanbeveelbaar!
Selfs die waks vir die kaartjies seël kom in allerhande verskillende kleure (Baie handig!)
Nou moet ons net nog kopkrap oor hoe die kaartjies gaan lyk. Ons het net eers 'n klomp verskillende papiere gekoop waarmee ons kan speel. Die mense daar is baie behulpsaam en het regtig baie handige en nodige raad gegee!
Hulle sny selfs vir jou die 'template' vir klein boksies uit jou keuse papier- vir tafelgeskenkies, baie cool en dit is iets soos 'n ekstra rand by jou papier geld.
As jy nie self jou kaartjies wil print nie, doen hulle dit ook vir jou.
Ons vorder.....

Thursday, June 01, 2006

Gastelys

Ek het 'n baie volledige lys van ons 'voorlopige' gaste aan Wilhelm gegee om te scan. Na ons nog 3 couples bygesit het wat ek vergeet het - (nee ek los maar die name hier weg!) het ons met 'n skok agtergekom dat ons staan op 121 mense ! Ons wil nader aan 85 mense eindig!!! Dit is so 'n tricky storie want daar is die 'groepe' wat mens mos moet nooi. As jy een uitlos kan jy nie die ander nooi nie. Ons troue is gelukkig net die close familie wat ek en Wilhelm daar wil hê, en nie honderde ooms en tannies wat ons skaars ken nie - bonus! Verder net pelle en kollegas.
Ek het 'n paar lekker 'templates' afgelaai van Outlook af wat mens kan gebruik in excell vir jou gastelys, budget ens. Hier is hy : http://office.microsoft.com/en-us/templates/default.aspx?Application=XL&Ver=11
Daar is sommer enige templates waaraan jy kan dink, nie net vir troues nie. Baie Handy!

Monday, May 22, 2006

Nog 'n troue...

Ons was die naweek toe by Jocelyn en Nicholas se troue soos ek hieronder êrens genoem het. Dit was 'n baie stunning venue, op sy plaas in die Banhoek vallei, teen die berge. Nou hierdie tyd van die jaar in die Kaap sal die wat hier woon weet, dis koud en nat! So ons het toe ons daar kom, alreeds 10 minute laat, deur die modder gepiekel tot by ons stoele - in die ope lug - heel agter. Ons het skaars gesit toe kom die bruid oor die gras aangestap - ek kan net haar angstigheid vir die hele modder gedoente imagine! Sy het baie stunning gelyk - soos alle bruide mos maar doen. Die sleg was dat die dominee nie enige klank hulpmiddels gebruik het nie en ons nie 'n enkele woord kon hoor nie. Nogal jammer want ons moes maar na die ander mense loer om te sien wannneer hulle oë toemaak en handeklap ens.
Die onthaal was daarna in 'n tent ook op die plaas. Dit het regtig baie mooi gelyk binne-in. Daar was 'n live band en fairy lights oral. Nogal interessant was die feit dat hulle nie 'n tradisionele ouers- aan-beide-kante-van-die-bruidspaar gehad het nie, maar eerder 'n tafel vol vriende en hulle ouers by aparte tafels by hulle vriende.
Sal nie heeltemal afgaan met ons ouers nie, hulle sal bietjie sensitief wees daaroor! Ek kan net imagine die gesigsuitdrukkings as ek nou so iets moet voorstel!!
Maar ek moet sê ek verkies ook die tradisionele manier van sit.
Oorkant ons beland daar 'n meisie wat saam my op skool was - ongelooflik hoe die dinge loop. Ons was baie dankbaar vir bietjie afrikaanse geselskap! Nie om enige iemand te offend nie, ons het stunning engelse pelle, maar om in afrikaans te kuier is net anders :-)
So gepraat van kuier, dit het ons sommer goed gedoen! Ek was lekker lam gister oggend toe ek opstaan.
Hoogtepunte van die troue : 1 Die kos! 2. Die fireworks! 3. Die wyn 4 Die geselskap.
Dinge om te onthou vir my troue - 1.moenie buite trou as dit koud is nie! 2. DJ's maak vir lekkerder dans as 'n live band. 3. Goeie wyne en kos is 'n wenner. 4. Goeie geselskap is dood belangrik - dus kyk mooi na tafelrangskikking van mense. 5. Modder sucks!

Friday, May 19, 2006

my gevolg....

Lizma....my Maid of Honour - Beste vriendin van Uni.

Yente.. my Bridesmaid (en toekomstige dogter)
Anje...my blommemeisie - hier is hulle albei in blou by Burger en Karen se troue

Rok-en roll

Ek het gister vir Tannie Reina in die hande gekry. Sy sê ek moet chill, ons gaan eers na September met die rok begin. Ek moet haar net een of ander tyd solank gaan sien sodat ons kan praat oor hoe dit gaan lyk ens. Gelukkig een ding minder waaroor ek nou hoef te worry - vir eers.

Thursday, May 18, 2006

Videograaf

Burger en Karen het 'n videograaf gebruik wat hulle nie 'n arm en 'n been gekos het nie en ons het Sondagaand lekker gelê en hulle trou DVD kyk. So toe besluit ons vir daardie geld (om en by R2700) sal ons dit ook waag. Na 'n waarskuwing van Burger dat die ou baie lief is vir praat bel ek hom gou vanoggend. 'n Baie aangename ou en ja, hy is lief vir praat. Hy praat gelukkig 'n klomp sin en na 20 minute het ek hom geboek vir November, - net betyds wat sy hele Desember is baie vol. Ek moet net onthou om die Deposito volgende week te betaal.

Wednesday, May 17, 2006

Nogsteeds niks




Ek het nogsteeds niks gedoen nie en vergeet nou al vir die 3de dag in 'n ry om my pakkie "trou notas" saam te bring werk toe sodat ek vir Tannie Reina kan bel wat my rok moet maak. Ek het geen idee hoe lank voor die tyd om met die rok te begin nie. Sy sal definitief weet.
Ons het nogal 'n aktiewe jaar wat troues bywoon aanbetref. Ons het een in Januarie gehad - My kamermaat van universiteit koshuis - Lize en Fonnie. Toe kom Maart , Burger en Karen (Wilhelm se broer) het getrou op Hollandse Molen naby Paarl. Hier is 'n foto van hulle. April was dit Nadine en Morne se beurt - jare lange huisvriende van ons familie. Hulle het getrou in Brackenfell en die onthaal was net buite Kuilsrivier op 'n plaas. Laas naweek was ons by Marie en Andre se troue op Robertson, sy was saam met Wilhelm in die klas op universiteit. Die naweek wat nou kom is Jocelyn en Nicholas se beurt. Sy werk saam met Wilhelm. Hulle trou op sy plaas net hier buite in die Banhoek vallei (Helshoogte pas, Stellebosch)
Al die troues is nogal goed in die sin dat ek elke keer nuwe idees sien en ook meer seker word van wat ek nie wil doen nie en ja natuurlik is dit stunning lekker om goeie vriende se spesiale dag met hulle te deel!!
Ons @Home rekening aan die ander kant van al die geskenke van die gift-registry's af is SCARY !
(Moet onthou om ons lys aan die einde van die jaar daar te doen...)

Monday, May 15, 2006

Budget



So, so ver soos wat ek noual kon lees-materiaal in die hande kry lyk dit vir my ons gaan bankrot wees nadese! Aangesien die gemiddelde troue vir 100 gaste ongeveer R75 000 kos !!!!!
Wel, dit is buite die kwessie, ek sal maniere moet kry om ons troue goedkoper te doen.
Nie een van ons ouers het die geld om die troue vir ons te sponser nie so ons sal maar sente bymekaar moet krap!
Ek het nogal 'n lekker 'Budget' beplanner op die volgende webblad gekry en is besig om dit in te span vir my beplanning: http://www.bruid24.co.za

Die Begin


Dit het alles gebeur toe Wilhelm my hand gevra het die aand op die hawe muur in Gordonsbaai. Die sonnetjie het al laag oor die water gesit.Dit was die 30 ste Desember 2005. Hy het my op my skouer getik en sy toe vuis na my toe uitgehou. Ek het verbaas gevra "Wat's dit?" Hy sê toe "Hiér" ek vra toe weer, meer ernstig "Wat's dit?" waarop hy sy hand oopgemaak het en daar lê die mooiste, blinkste ring wat ek nog ooit gesien het! Ek was so verras en geskok dat ek senuweeagtig begin giggel het. Natuurlik was my antwoord JA! Ons het toe eers lekker gaan 'celebrate' by Antonio's net oorkant die hawe voor ons al die familie baie opgewonde laat weet het dat ons virewig gaan saam wees!

Ons trou datum is 25 November 2006 en hier is my journey tot daar........