Monday, December 11, 2006

Die GROTE Dag.....









En nou ja, 2 weke later is ek hier,mevrou Coetzee, terug van Honeymoon af. Ja, ek het toe die Groot Dag survive sonder om van angs te beskwyk en nee ek het nie second thoughts gehad op nommer 99 nie en ja, ek mag dit maar sê, ek het soos 'n prinses gelyk en gevoel!!
Ons is die vrydagmiddag 24 Nov deur Riebeek-Wes toe. Die weer was baie sleg en dit was maar 'n koelerige aand. Ons het 'n heerlike reuse braai gehou vir my en Wilhelm se families. Ek moet net noem dat ek by die stadium toe glad nie meer 'n stem oor het nie, dit het net donderdag middag weggegaan. Hetsy ookal watter sielkundige of mediese rede is ek toe nou soortvan stom. Almal is net geworried oor hoe ek die "JA" gaan uitkry die volgende middag.....
My troudag begin toe net voor 8 die oggend met "breakfast in bed" vir my en Lizma en die ander girls, daarna het ons 'n rustige oggend gehad van koerant lees en toonnaels verf. Die kinders het almal geswem en ek was heel kalm.
Hier rondom 11 toe word ons opgekomandeer na die kombuis van die eienaars waar Oom van der Byl vir my en lizma eers koffie en toe sommer vonkelwyn aanbied. 'n Bottel later is ons eers terug na ons kamers waar Marnette gearriveer het vir ons hare en make-up.
Ons het toe op 'n punt begin en almal se hare en toe make-up getackle en toe is dit 3 uur. Ek het darem so stadig aan tussendeur aan 'n Pongratzie geslurp, steeds heel kalm.

My opregte gebed in die stort dat ek net moet rustig wees het die Here ook vir my verhoor.
Half vier toe trippel Sakkie rond om my te kom haal met sy spog-spesiaal-gewas-vir-die-geleentheid-merc terwyl die fotograwe en videograaf baie bedrywig was. Sakkie is kwart voor sonder my daar weg om te gaan aantrek - sorry Sakkie!!!
4:00 The moment of truth...
My pa staan ongemaklik rond en skuif die heeltyd sy gewig van die een been na die ander terwyl hy die sweetjie op sy slape en bolip wegvee - duidelik baie minder rustig as sy dogter. Ek het by hom ingehak 'n diep asem ingetrek - 'n aquafresh mintjie gesuig en toe gaan ons. Uit by die hekkie oor die grond aangestap, "pose" vir 'n finale keer saam met pa vir 'n fototjie en toe loop ons na die paadjie toe. Die troumars het begin speel (Die trio was fantasties met die musiek) en ek en my pa loop statig en trots in die paadjie af... Pa lig my sluier op soen my, 5 tellings langer hou hy my vas voor hy draai om Wilhelm se hand te skud. Ek is glad nie tranerig nie (dankie tog) maar ma sê pa se trane het gekom toe hy gaan sit. Hy was so braaf vir my onthalwe maar net vir so lank!
Die dominee praat pragtig en ons luister aandagtig en toe die tyd kom kry ek met 'n hees gekraak tog die woorde uit my stom keel. JA, Virewig! Ons teken register en word daana met konfetti deur ons vriende en familie ingewag.

No comments: