Thursday, December 21, 2006

Foto's

Kyk onder toe vir nog foto's tussen vorige 3 blogs:








Wednesday, December 13, 2006

Honeymoon Week 1

So waar was julle vra julle vir my, wel, kom ek vertel in kleur.
Ons het na die troue op Riebeek in Church Hills gebly - STUNNING. Daarna is ons sondagoggend terug Groenrivier toe om al ons prezzies te gaan optel - dit is definitief een van die highlights - verseker - veral as jy soos ek nog nooit regtig 'groot geraak' het in terme van persente ontvang nie, maw ek loooovvveeee prezzies whoehoe!!
Anycase, toe is ons terug huis toe vir die dag, aangesien ons weggaan vir 2 weke het ons gedink dit sal prakties beter werk as ons na die troue kan gaan pak en die naweek se goodies dump (onder andere my nie-meer-so-wit trourok wat ek nou besit)
Ons het met baie genot die geskenkies oopgemaak en mooi boekgehou van wie wat gegee het - jip onhou maar die tip !
Maandag oggend dou voor dag is ons oppad lughawe toe vir die offisiele begin van ons Honeymoon. Ons land 3 ure later in Nelspruit tel ons karretjie op en cruize reguit Kruger wildtuin toe.
Ok, nou as van julle die wildtuin en veral die area ken sal julle nou op hierdie punt julle koppe begin skud in simpatie - ja dit was so warm soos almal ons gewaarsku het! ha, ons het veral op dag 3 amper gedood, maar gelukkig was ons gegear vir die hitte (behalwe dag drie toe dit 45 C was!!) en al ons vervoer/verblyf het aircon gehad.
Ons het 'n fees van 'n tyd gehad !! Ons was vir 2 nagte in die Pretoriuskop kamp, 2 nagte in Satara kamp (my gunsteling gewees!), 'n nag in Olifantskamp('n nag te veel!) en 2 nagte in Letaba kamp (nadat ons ons ander 2 aande by bg kamp gekanseleer het) Definitief 'n destinasie om aan te beveel, as jy egter in die winter kan gaan vs die somer, kies maar eersgenoemde!

Monday, December 11, 2006

Ons Onthaal


















Terwyl ek en Wilhelm ons lywe model gehou het, het ons gaste op die stoep langs die saal hulself van die hitte gelawe met bietjie Champagne en Canapes. Ons het natuurlik 'n perfekte dag gekry met die wind en onplesierigheid van die vorige dag heeltemal vergete.


Bertus het die dinge vir ons gestuur vir die aand en het homself goed van sy taak gekwyt.









Ons het toe ingeloop op "It's a kind of Magic" van Queen en toe die oomblik aanbreek die dansbaan geopen met "Weer en weer" van Freddi Nest. Dit was absoluut ongelooflik, behalwe dat ek amper halfpad deur die liedjie my rok verloor het nadat Wilhelm dit raak getrap het want die rok wat Woensdagaand perfek gesit het is toe so 'n bietjie wyer as wat ek hom kan onthou en daarom toe ook bietjie langer! HA, gelukkig was dit darem nie heeltemal so erg nie en het ek dit later gefix gekry, maar nou ja, ek kan sê dis die "een-ding-wat-definitief-op-jou-troue-gaan-skeefloop" oomblik gewees. Die res van die aand het bestaan uit dans, kuier onder die sterre en lekker eet! 'n Aand om nooit te vergeet nie..........Watter fees was dit nie!










Net vir die wat die blog gevolg het, ek het toe sommer net mooi chocolatjies op die tafels gesit as geskenkies, wat danksy die aircon dit net-net en in sommige gevalle net-net nie, gemaak het nie.





Die GROTE Dag.....









En nou ja, 2 weke later is ek hier,mevrou Coetzee, terug van Honeymoon af. Ja, ek het toe die Groot Dag survive sonder om van angs te beskwyk en nee ek het nie second thoughts gehad op nommer 99 nie en ja, ek mag dit maar sê, ek het soos 'n prinses gelyk en gevoel!!
Ons is die vrydagmiddag 24 Nov deur Riebeek-Wes toe. Die weer was baie sleg en dit was maar 'n koelerige aand. Ons het 'n heerlike reuse braai gehou vir my en Wilhelm se families. Ek moet net noem dat ek by die stadium toe glad nie meer 'n stem oor het nie, dit het net donderdag middag weggegaan. Hetsy ookal watter sielkundige of mediese rede is ek toe nou soortvan stom. Almal is net geworried oor hoe ek die "JA" gaan uitkry die volgende middag.....
My troudag begin toe net voor 8 die oggend met "breakfast in bed" vir my en Lizma en die ander girls, daarna het ons 'n rustige oggend gehad van koerant lees en toonnaels verf. Die kinders het almal geswem en ek was heel kalm.
Hier rondom 11 toe word ons opgekomandeer na die kombuis van die eienaars waar Oom van der Byl vir my en lizma eers koffie en toe sommer vonkelwyn aanbied. 'n Bottel later is ons eers terug na ons kamers waar Marnette gearriveer het vir ons hare en make-up.
Ons het toe op 'n punt begin en almal se hare en toe make-up getackle en toe is dit 3 uur. Ek het darem so stadig aan tussendeur aan 'n Pongratzie geslurp, steeds heel kalm.

My opregte gebed in die stort dat ek net moet rustig wees het die Here ook vir my verhoor.
Half vier toe trippel Sakkie rond om my te kom haal met sy spog-spesiaal-gewas-vir-die-geleentheid-merc terwyl die fotograwe en videograaf baie bedrywig was. Sakkie is kwart voor sonder my daar weg om te gaan aantrek - sorry Sakkie!!!
4:00 The moment of truth...
My pa staan ongemaklik rond en skuif die heeltyd sy gewig van die een been na die ander terwyl hy die sweetjie op sy slape en bolip wegvee - duidelik baie minder rustig as sy dogter. Ek het by hom ingehak 'n diep asem ingetrek - 'n aquafresh mintjie gesuig en toe gaan ons. Uit by die hekkie oor die grond aangestap, "pose" vir 'n finale keer saam met pa vir 'n fototjie en toe loop ons na die paadjie toe. Die troumars het begin speel (Die trio was fantasties met die musiek) en ek en my pa loop statig en trots in die paadjie af... Pa lig my sluier op soen my, 5 tellings langer hou hy my vas voor hy draai om Wilhelm se hand te skud. Ek is glad nie tranerig nie (dankie tog) maar ma sê pa se trane het gekom toe hy gaan sit. Hy was so braaf vir my onthalwe maar net vir so lank!
Die dominee praat pragtig en ons luister aandagtig en toe die tyd kom kry ek met 'n hees gekraak tog die woorde uit my stom keel. JA, Virewig! Ons teken register en word daana met konfetti deur ons vriende en familie ingewag.

Wednesday, November 22, 2006

3 slapies !!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Vandag my laaste dag by die werk - jipee! Ek is vandag verbasend rustig - weet nie of dit net totale numbness is van vrees is nie, maar voel steeds goed!


Pauline het my gisteraand uit Switserland gebel om te hoor wat die dresscode is, sy is baie opgewonde oor die kuiertjie.


Ek en Liz gaan vanaand rokke aanpas en more aand gaan ek dit loop optel. My shoes is nog nie ingeloop nie, maar tenminste het ek hulle! Bogger blase.


More is Propvol van laaste goed wat gedoen moet word, die adrenalien loop sterk.


Al begeerte wat ek nou het is om 'n rustige aandjie saam met my toekomstige man deur te bring en nie aan 'n enkele reeling hoef te dink nie...

Tuesday, November 21, 2006

3daggies...gulp....


Ek het gedink dit sal nie reg wees as ek vergeet om hier te noem dat ek baie dankbaar is vir almal wat sms'e stuur en bel om sterkte toe te wens nie. Ek waardeer dit bitter baie! Julle is almal baie baie spesiaal.

1. Vanaand moet ek gou 'n garter gaan soek - kan sekerlik nie sonder een van hulle trou nie nê!

2. Koop GROOT pizza om alleen op te eet !!! (Wilhelm by 'n werksfunkie)

3. Verdoof vlinders met yskoue glas(e) witwyn - Zonnebloem Bo!


Tot môre dan,


nag ou grote....

Monday, November 20, 2006

mygrootvetobnoxiousblog

Het my doodgelag toe ek die volgende blog lees. Wou vir die skrywer 'n comment los, maar haar site is nie daarvoor geaktiveer nie... (As jy dalk hier lees en nie weet hoe om 'n comment te los nie, Kliek net hieronder waar dit sê 0 comments en dan kan jy 'n boodskappie los. Maklik ne!)

4 Dae

Ek het so lus om iemand nou te punch ! Daar is nog net 4 aande oor - Vrydag tel nie want ons is reeds op Riebeek-Wes en daar is nog BAIE wat gedoen moet word, en hoeveel van daardie 4 aande het ek vir Wilhelm om saam met my die laaste goed te doen??? 1 aand, en ook nie eens eintlik nie, want ons moet Ludwig gaan sien oor die seremonie.


Net werk, werk werk.

Is alle mans so rustig oor als? Ek wil opcrack van tensgeid en hy is chill,

"Toemaar my skat, ek werk goed onder druk "

PUNCH, PUNCH, PUNCH




Friday, November 17, 2006

JAGGERBOM...

Dit is die wyse woorde van iemand nadat ek gevra het waarmee mens jou bliksemse skoenlappers kan uitroei. Thai tee, hot stone treatment, yoga? Nee wat los maar. Kom ek sê vir julle, as die tyd aanbreek en jy weet oor 'n week is jy 'n mevrou, en voor dit moet jy eers in daardie intimiderende laaaang ISLE afloop op Dié Musiek, dan staan daai boggertjies weer op uit die drank/pille/tee en vlieg 'n vet storm los in jou maag.
Almal vra my veral nou hoe opgewonde is ek en dat ek seker al verskriklik uitsien, en ja, ek doen, maar moet eerlik bieg ek is maar lekker terrified ook! Al daai aandag, die reelings wat nog moet gebeur - dat alles vlot verloop op die dag, sjoe, dis nogal iets! En dan sê ek vir myself: "Girla, dis nog net 7 Dae, dan's dit so!"
Hey, ek het dan nog nie eens my nuwe handtekening geoefen nie! Wie het die mat van tyd onder my voete kom uitruk

Wednesday, November 15, 2006

10 Daggies

Het uiteindelik skoene gekry! Watter flippen mission was dit nie! Ek het die hele Helderberg platgery voor ek uiteindelik 'n halfuur voor ek my outfit moes gaan aanpas 'n paar in die hande gekry. 'n Oulike skoen winkeltjie in die Waterstone Village (kannie naam onthou nie)
Saterdag my hele outfit aangepas - stunning, maar nogal hectic. Ek kan steeds nie myself picture in die paadjie afloop voor al die mense nie...Scary!!
Die meeste van die reelings is nou afgehandel, nou net al die klein jakkalsies vang sodat hulle nie spreekwoordelik die wingerd afbrand nie!!
Enige voorstelle vir geskenkies op die tafels?? (sug...hectic)

Batchelors

So het Wilhelm toe ook sy Batchelors saterdag gehad, hy het dit darem survive, maar het 'n bietjie geheueverlies hier van duskant 9 uur. Burger het gou leer huis skoonmaak en Francois het bietjie gebond met die manne. Al wat my pa met 'n gemompel kon uitkry Sondagoggend was dat 'n man kan nie 'n game soos Poker leer speel as hy 'n "ietsie" in het nie!
Ons het die saterdagoggend 'n funksie by die Grande Roche gehad, ons was genooi deur die juweliers Uwe Koetter as 'n dankie vir die aankoop van my verloofring. Gloudine werk by hulle en is my (aangetroude) niggie. Bel haar en gaan kyk watter ongelooflike mooi goed maak hulle. Daar is klaargemaakte stukke of jy kan met prentjies (hulle het tonne) jou eie ding doen. Hulle is net soos jy in die V&A Waterfront in draai van die snelwee af.
So om terug te kom by my storie, die gekuiertjie voor op die mooi stoep het toe gemaak dat ons daar weg is met reeds papperige tyres - toe nog die batchelors! Ek was lights-out voor die Iere die bokke te veel skade aangerig het en Wilhelm nouja, julle sien mos hierbo!

Thursday, November 09, 2006

Ena & Werner





Wil net baie geluk sê aan Ena en Werner met die geboorte van pragtige Oliver Pienaar laasweek.
Mis julle baie en wens julle kon hier nader aan ons wees....

Tuesday, November 07, 2006

tick tock tick tock

Met nog net 3 weke om te gaan het ek gevoel die tyd is ook nou reg om my natuurlike kalmeerpilletjies te begin drink - Biral - gee nie 'n kick nie, vat net die ergste butterflies weg, want om aanhoudend butterflies te hê is nou nie meer snaaks nie! Vrydagmiddag bel die mense wat my hare en make-up moet doen (Hair Rescue - in Cape Gate Centre) my, net om te sê hulle kan my ongelukkig nie meer help nie, die meisie wat die hare doen is weg en daar is NIEMAND anders beskikbaar nie! Nou ja, 3 weke voor jou troue wil jy nie sulke dinge hoor nie!!!! Gelukkig het ek gister reggekom Marnette Rossouw is haar naam. Ek het haar opgespoor op Capeweddings.
*update* Ek het gisteraand my hare en make-up trial gehad en dit was great! Marnette is spontaan en gegear om enige army te loop pollish en paint (!) Sy het my prentjie vir my hare perfek gedoen en my make-up was stunning! Ongelooflik hoe so iets kleins mens kan laat worry, ek voel onmiddelik vandag my vlinders chill 'n bietjie en die uitsien begin meer uitkom!
Tyd om weer die checklist na te gaan:

1. Blomme - Done
2. Musiek vir buite by diens - JA, dit gaan so cool wees die Hungarian Trio - check dit uit!
3. Naels - nog nie
4. Sonbed - In proses - Wilhelm se grootste panic is ek overkill die tannery - hehe
5. Prokureur - Komplimente van my ex-koshuis kamermaat/Prokureur Lize by Cluver & Makotter op Stellenbosch.
6. Rokke vir die gevolg - in proses (dink ek ...) - (Jacomien ??)
7. Trourok - STUNNING - in proses - REINHA BRIDAL DRESSES - hulle is in Bellville en maak stunning rokke wat jy kan maak om te huur of koop. Die personal touch & aandag is daar!!! Los 'n post vir hulle telefoon nommer
8. Tiara & Sluier - Lg word saam met die rok gemaak en Eg. moet ek nog koop/huur
9. Bestel Champagne - (By my werk) - Done
10. Trial Hare en Make-up - Done
11. Weggooi kamera's koop - Done - sommer pakke van 3 gekoop by Game @ R129 per pak. Onthou dit moet 'n flash hê !
12. Skoene - NEE - KRISIS !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Kry niks waarvan ek hou en/of mee kan stap nie!
13. Sien 'Dominee' - Lidwig is ons 'dominee', dink dis miskien nader aan 'n pastoor. Dinsdae aande sommer so innie Spur met ons Bybels en al - was baie cool en baie nodig!

Nuwe items om by te sit vir still to do:
14. Dasse vir die manne
15. Reel kos met die Caterers
16. Bespreek hoe ons die huweliks formulier wil doen.
17. Bespreek hoe ons die hele verloop van diens en onthaal wil hê
18. Geskenkies vir die tafels - het gisteraand dit met 'n shock onthou!
19. Troukoek of nie? Enige opinies - baie mense sê dis geldmors en oudtyds.
20. 'n Selfhelp boek genaamd "How to loose 20 Kgs in 2 weeks in 2 simple steps" - ha, I wish daar het so 'n boek bestaan, sou seker 'n New York bestseller gewees het!!
21. Tafelplan
22. Wat moet ons sing tydens diens - dan ook bladjies vir die diens
23. Waarop loop ons in en waarop open ons die dansbaan - nee Abba maak steeds nie die cut nie!!!
24.......sal seker later aan nog goed dink


Nog 16 Slapies oor.....

Monday, October 30, 2006

Pietman & Barbara



Ons was die naweek na die Idiliese Paternoster toe teen die weskus om my nefie Pietman en Barbara se troue by te woon. Dit was heerlik gewees! Ons het in die oulikste B&B gebly, die mense was gasvry en die diens baie goed, ons het 'n lekker ontbyt ook bygekry. Ons het ook die opsie gehad om net vir een aand te bly terwyl baie van die ander gastehuise jou verplig om die hele naweek te bly/betaal.
Pietman en Barbara het in die St Augustine Chapel getrou en daarna was die onthaal in die Paternoster Lodge. Hulle het sommer die hele lodge bespreek vir die familie om daar oor te bly. Die venue is op die see en regtig baie baie mooi, die mense wat die saal moes regkry was net so 'n bietjie stadig en ek kon sien die bruid se pa raak ongemaklik toe die glase vir die wyn 10 minute voor die paartjie arriveer nog nie op die tafels is nie. Verder was die aand heerlik en ons het gedans en gekuier tot duskant middernag.
Baie belangrik is die rol wat jou seremonie meester speel, ek het dit net weer besef die naweek. Mike, Barbara se broer het dit met soveel gemak gedoen en was so spontaan snaaks dat die gaste dit onmiddelik aanvoel. Wanneer 'n seremonie meester gevorseerde grappies maak en dit nog onder die beld ook is, hang die ongemaklikheid sommer dik in die lug! Hou dit kort en kragtig en wees net natuurlik.
Ek moet sê die realiteit van in die paadjie afstap begin nou erg inskop - ek was amper so tens soos die bruid toe sy in daai paadjie afstap. Haar troos aan my was "Toemaar, as jy eers jou makeup en rok aan het dan voel jy soos 'n prinses en dan ontspan mens ook sommer" en ek moet sê Barbara, jy het waarlik soos een gelyk!

Sunday, October 22, 2006

Kitchen Tea



Ek het Saterdag my kitchen tea gehad - dit was Great! Dankie Liz en Jacomien. Soos ek verstaan was dit 'n redelike mission om my daar te kry! Hulle het vir my 'n stunning stylvolle ontbyt by Poplars Restaurant in Durbanville gehou(www.poplars.co.za). Ek en Wilhelm sou "sy pak laat maak" maar ek eindig toe daar op !! Ek was lekker verras om in die vertrek in te loop en daar staan almal!
Ek het die stunningste goed van almal af gekry en het regtig baie spesiaal gevoel! Dankie !!

Saturday, October 21, 2006


BY ONS NUWE HUISIE

Thursday, October 19, 2006

'40 Days' is ook nou verby

Met nog net 36 dae om te gaan is al ons uitnodigings al gestuur en het meer as helfte van die gaste reeds ge RSVP dat hulle wel kom. My rok is al 'work in progress' en al die lede van die gevolg het al iets om aan te trek - al is dit ook op die stadium nog net 'n hopie materiaal!
Ek is steeds skoenloos, maar gaan tenminste nie kaal of sonder 'n 'tan' in die padjie af loop nie (jip TANCAN is geboek)
Ek en Wilhelm het 'n huis gekoop en al is dit stunning en baie exiting beveel ek vir niemand aan om 'n troue en 'n trek op een slag aan te pak nie - dit is net te stresvol.
Dan vir alle hoopvol mense daar buite wat gedink het jy kan net R3000 vir blomme betaal, het en nou vandag slegte nuus voor - mens kan nie :-( Wil nie in 'n geld bespreking in gaan nie, maar óf Minister Trever moet briek aandraai en die blomme tannie moet verstaan dat dit nogal erg is om R6000 te sien verlep in 3 dae óf ek en Wilhelm trek oor 'n paar maande - Poolsmoor se skuldselle toe!
Anycase, hy is soo rustig, ek bel half paniekbevange oor die kwotasie (en oor 100 ander dinge) en sy rustige kalm self sê net: "Toemaar moenie panick nie skat, ons sal dit uitsorteer, ontspan"

Op 'n heél ander punt - ons het 2 toevoegings tot die 'gesin' gekry nl. twee katjies, te pragtig, hulle heet Weetbix en Pronutro (Boetie en Sussie) en dit is heerlik om die twee bondeltjies liefde in die huis te hê. Hulle het sommer 'n kalmerende effek om 'n mens. Sal later foto's post.

Tuesday, September 19, 2006

Still to do

Ek het ons trou uitnodiging komponente vanoggend gekry - nou moet ek vanaand gaan spoeg en plak - ek is so tens dat ek dit opmors, maar ek hoop darem nie so nie! Ons begin in 3 weke met my rok so ek kan nog op 'n eetstaking gaan en 'n paar k's verloor - wishful thinking.
So hier nog my to do lys...en ek is seker hy is nie volledig nie.

1. Blomme (kry nie die vrou in die hande nie)
2. Musiek vir buite by die diens
3. Naels (net nice natuurlike gel naels - want ek het glad nie)
4. Sonbed
5. Prokureur
6. Rokke vir gevolg
7. Trourok
8. Tiara + sluier (is daar nie 'n beter woord nie??)
9. Bestel Champagne
10.Trial hare en make-up
11.koop weggooi kamaras
12. Skoene !!
13. Sien die Predikant/Dominee

66 Dae om te gaan

Tuesday, September 12, 2006

12 September 2006

Mede lesers, ek is baie verlig om te kan rapporteer dat ons uitnodigings uitgesorteer is. Ons was weer Paper Paradise toe en die eienaar het ons Ongelooflik baie gehelp. Hulle doen sommer nou vir ons die uitsny werk en printing en dan moet ek dit net alles aanmekaar plak.
Verder het ons ons gift registry gaan opstel by @ Home, hoeveel fun was dit nie!! Ek en Wilhelm het daar deur die winkel gesluip, armed met 'n scanner in die hand en ons wishlist is about 2 maal langer as ons gastelys! Hillarious! Ons het lekker gelag, veral toe ons begin R700 se toasters en ketels scan! Ek weet vir 'n feit daar is nie sulke spandabelrige mense op ons lys nie, maar dit was soveel fun, ons kon ons self nie keer nie, ons sal maar agterna ons eie wishlys vol koop. Net vir interessantheid, mens kry na die troue 'n gift voucher van @ Home ter waarde van 10% van die totale bedrag wat jou gaste op jou wishlys spandeer het.
So, toe is ek in die materiaal winkels in om te gaan kyk of ek ten minste lap sien vir die 'girls', en tot my groot geluk het ek gesien waarvan ek hou. Ek gaan gou volgende naweek lap koop en patrone soek.
Voor ek vergeet, ek was die naweek op Barbara, my aanstaande aangetroude niggie (!!) se kitchentea - 'n lingerie-party- en dit was soveel fun! Ek dink dit is 'n briljante idee om die aanstaande bruid met soveel mooi undies te spoil! Die strawberry cocktails agterna was ook GLAD nie sleg nie! Well done Janene vir die organisasie van daai een. Barbara was regtig uit die veld geslaan en het dit glad nie verwag nie! Ek sien baie uit na hulle troue op Paternoster einde Oktober.Dan is dit my beurt .....73 Dae oor...........

Thursday, August 31, 2006

31 Augustus 2006

Nog 'n maand verby....nog net 85 dae, dis 12 weke!!
Ek moet sê ek begin nou so liggies paniekbevange raak oor al die reelings wat nog nie gebeur het nie. Ek het nog nie enige blomme gereël nie, nog geen rokke nie - nie vir my of my bridesmaids nie -, ek weet nie lekker wat ek op die tafels gaan doen nie, die menu, die gastelys.........Aaug!! Ek sal nooit weer met dieselfde oë na 'n bruid kyk nie, van nou af sal sy my volle respek en verwondering hê! Want as jy besig is om reg te maak om te trou sal jy weet wat ek bedoel!!As jy dink daaraan om binnekort te trou - dis baie exiting maar tog ook exhausting! Ek neem aan as mens geld het dan huur jy vir jou 'n ko-ordineerder - dit maak baie sin. As jy soos ons nie kan nie, mmm, wel ja, dan moet jy net genoeg koue wyn byderhand hou om jou skoenlappers stil te hou.
Ek het 'n noodvergadering geroep en ons het albei volgende week verlof ingesit om net bietjie van die dinge te finaliseer. Sien Wilhelm gaan nog oor 2 weke vir 'n maand oorsee. As hy terug is moet ons die uitnodigings begin uitstuur (terloops hulle bestaan ook nog nie....)
Skielik is die laaang tyd voor die troue nie meer so lank nie en ek hoop ek het genoeg tyd vir als. Jammer ek sit by die werk, die skoenlappers in my maag wil al weer 'n slukkie wyn hê....
Anycase, ek hou julle op hoogte van my 'mental state' en die vordering van die reelings.
As jy in die kaap woon - Tygervallei se Bridal show is van vandag af aan. Check dit uit as jy soos ek nog baaaie idees en hulp nodig het.
Tot volgende keer -
Benoude (bruids)boude